15 Mei 2020 Nuusbrief

Covid-19, Nuus

Geliefdes

Verlede Sondag het ons gefokus op Jesus se woorde “Julle moet nie ontsteld wees nie”. Ons is ook steeds besig met ons Pinkstermateriaal. Eerskomende Sondag se erediens fokus op Johannes 14:15-21. Die dienste sal weerregstreeks op YouTube en Facebook uitgesaai word. Wanneer die uitsending tydelik onderbreek (soos dit verlede Sondag die geval was) wees net geduldig, dit sal weldra weer hervat. Op Facebook sal jy egter ná so ‘n onderbreking, weer die FGK Facebookblad moet laai om die regstreekse uitsending te hervat.

Omdat duisende gemeentes se eredienste tans regstreeks uitgesaai word, is dit onvermydelik dat daar onderbrekings en tegniese probleme sal plaasvind; ons sal maar baie geduld moet beoefen. Ons glo dat ons streef na “connection, not perfection”. Dankie vir jul begrip en geduld.

Na die President Woensdagaand sy boodskap gelewer het, is baie mense ontsteld. Elkeen van ons word deur hierdie krisis aangeraak. Laat ons dus aanhou om voorbidding vir die regering te doen, eerder as om te kritiseer. As gelowiges sal dit goed wees om te onthou dat Jesus nie net gesê het dat ons ons nie moet ontstel nie, maar ons ook uitnooi met: ”Glo in God; glo ook in My.”

Tydens hierdie krisis word ons genooi om verder te verdiep in ons geloof – of anders gesê, in ons vertroue op God en mekaar. Ons leer opnuut om te bid en om te kyk hoe God gebede beantwoord. Vir baie in ons land is die gebed: “Gee ons, ons daaglikse brood” ‘n gebed wat letterlik beantwoord moet word.

As gemeente is ons dankbaar dat ons soms die antwoord is op mense se gebede.  Hier is ‘n bietjie terugvoering in hierdie verband, sowel as ‘n oproep om hulp:

BEWEEGNUUS

Kleinsaal, groot uitwerking

Dit is mos hoe ’n kleinsaal in hierdie tye moet lyk!

Kleinsaal kosverspreiding

 

Deur bestaande goeie verhoudings en gepaardgaande magtigings maak FGK ’n verdere verskil gedurende die Covid 19 inperking. Doorway to Dignity en One Small Act of Kindness gebruik die kleinsaal as fasiliteringsruimte om broodnodige kospakkies te versprei. Hierdie is ’n mooi voorbeeld van hoe NGO’s, kerk en regering kan saamwerk tot voordeel van talle behoeftiges.

Dankie aan al ons lidmate wat ook in hierdie tyd bydraes lewer, sodat ons ons deure kan oophou en kan kerk wees. Meer kerk – nie minder nie.

Marthastraat 90 (MS90)

Daar is ’n spesiale behoefte vir vier rekenaars by MS90, sodat die kinders gedurende die inperking kan leer en werk. Ons vra gemeentelede om asseblief biddend te oorweeg om te help met ’n rekenaar of twee. Let asseblief daarop dat ons goeie rekenaars in ‘n werkende toestand benodig. As jy kan help met ‘n desktop en/of laptop, rig asseblief ‘n e-pos aan Schalk by admin@fgk.co.za

Noodfonds

Ons gemeente het ’n nuwe noodfondsprosedure geskep en persone kan aanlyn aansoek doen vir dringende noodverligting. Loer gerus na die webtuiste vir verdere inligting. Ons verfyn nog ons prosesse, maar die meganisme is daargestel en werkend.

AKTUA

Die Aktuagroep, bestaande uit ons senior lidmate, versorg mekaar op ‘n uitsonderlike manier onder die bekwame leiding van Gesie Marshall. Eerskomende Dinsdag om 9:30 gaan ons die Aktua-byeenkoms via Zoom fasiliteer. Die reëlings vir die kuier sal op die WhatsApp-groep deurgegee word. As jy deel wil word van hierdie groep, kontak gerus vir Gesie by: 0832261287

HEMELVAART EN PINKSTER VIR GESINNE

Eerskomende Donderdag 21 Mei is dit Hemelvaart. Dit is tien dae voor die Pinsterviering. Ons sal op Hemelvaart ‘n erediens om 18:00 uitsaai. As deel van ons Pinkstertyd gaan ons ook elke dag ‘n video aan die gemeente stuur.

Die kinderbediening het ook ‘n Pinksterreeks voorberei wat hier afgelaai kan word. Dié reeks vir gesinne begin volgende Donderdag en eindig op Pinkstersondag, 31 Mei.

ONS IS FGK

Ons besef al hoe meer die ryk kennis en vaardighede van ons gemeenskap. Gedurende die inperkingstydperk wil ons graag ‘n platform skep waar die gemeente sekere vaardighede  onderling by mekaar kan leer, wat behulpsaam kan wees tydens en na die inperking. Of dit nou is om ‘n kraan reg te maak, ‘n ordentlike pot koffie te brou, brood te bak, of ‘n wiel om te ruil; deel asseblief ‘n vaardigheid of vermoë wat jy het.

Hoe moet jy te werk gaan? Stuur asseblief jou idee vir ‘n video na jaco@fgk.co.za en hy sal jou help met ‘n paar riglyne.

Verlede week het Attie van Jaarsveld ons geleer hoe om ‘n lekkende kraan te herstel. Hierdie week kan jy luister na Santie Thomas, wat ons meer gaan leer oor waardes.

WEBBLAD

Ons Webblad word gereeld bygewerk met nuwe artikels en hulpmiddels. Die artikels is ingedeel onder BesinBehoort en Beweeg. Daar is ook skakels na die weeklise Bybelstudies sowel as die preke. Volg gerus die bogenoemde skakels vir die verskillende afdelings.

FINANSIES

Ons wil elke lidmaat bedank vir hul getroue finansiële bydraes.  Dit word opreg waardeer. Ons is op hierdie bydraes aangewese tydens die Covid-19 krisis om ons kreatiewe roeping as gemeente uit te leef.

FGK se bankbesonderhede is:
Fontainebleau Gemeenskapskerk
Absa
Tjek: 170580109
Takkode: 632005

Jy kan ook die volgende SnapScan-kode gebruik of hierdie skakel volg as jy op jou selfoon lees.

FGK Snapscan kode

Hierdie is die skakel om Snapscan te gebruik

Groete

Die Span

 

 

Jesus se gebed : Johannes 17

Jesus se gebed : Johannes 17

In Johannes 17 lees ons die langste gebed van Jesus. In die erediens het Adri-Marie van Heerden die beeld gebruik dat ons uitgenooi word om hierdie gebed af te luister. In hierdie gebed bid Jesus vir eenheid en ook vir ons ken van God. Dit is maklik om iets te breek,...

read more
Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Doen dit vir my! Hoeveel ouers het nie al hierdie woorde vir hulle kinders gesê omdat hulle nie een of ander taak wil verrig nie. Kind: "Maar ek wil nie skottelgoed was nie!" Ouer: "Jy doen dit vir my" Hierdie dinamiek probeer 'n verband bring tussen die opdrag en die...

read more
Waardes vir kinders

Waardes vir kinders

Waardes en ons kinders Die inperkingstyd gee vir ouers die geleentheid om sekere gesprekke met ons kinders te hê waarvoor daar soms nie genoeg tyd is nie. Ons het al voorheen na emosies gekyk. Watter gesprekke kan ons nog met ons kinders voer wat waardevol is? Dalk...

read more
Refleksiegebed

Refleksiegebed

REFLEKSIEGEBED (gebaseer op St. Ignatius van Loyola se Examen-gebed)   *Dit help om dele van hierdie gebed in jou joernaal neer te skryf. 1.Haal ’n paar keer diep asem om rustig te raak en word bewus van God se teenwoordigheid. 2.Vra vir God vir leiding in...

read more
‘n Groot bôrdinghuis

‘n Groot bôrdinghuis

Hoe leef ons tydens hierdie Covid-19 krisis met Jesus se woord, "Julle moet nie ontsteld wees nie"? Johannes 14:1. Hierdie woorde van Johannes 14 is die leesrooster teks in hierdie 5de week van die Paasseisoen. Die seisoen wat ons op die 50-dag pad tot en met Pinkster...

read more
Noodfonds

Noodfonds

FGK Noodfonds This is a relief fund in line with FGK Strategic plan for Beweeg, which is helping people in need. As a church, we have a specific focus, which is integrated and focussed on wholeness and relationships. We are not just a charity distributing handouts....

read more
Betereinder terugvoer

Betereinder terugvoer

Locked down, then what? What happened? On 23 March 2020 the Board of Betereinders reached immediate consensus that the Covid-19 crisis and subsequent lockdown would entail dire effects for society’s most vulnerable individuals. By 25 March the Board approved R75 000...

read more
Beweeg as ons nie mag beweeg nie?

Beweeg as ons nie mag beweeg nie?

Beweeg sonder Beweeg?!   Tydens die inperking wil ons beweeg sonder beweeg en  omgee sonder rondry!   Prakties beteken dit: niemand mag kos of goedere by die kerk aflaai nie, en ook nie versprei sonder die nodige permitte nie. Hoe Beweeg ons as ons nie mag...

read more
As jy die gemeente se nuusbrief wil ontvang vul die volgende in.

As jy die gemeente se nuusbrief wil ontvang vul die volgende in.

Jy is nou ingeteken!

Share This