Beweeg as ons nie mag beweeg nie?

Beweeg, Covid-19

Beweeg sonder Beweeg?!

 

Tydens die inperking wil ons beweeg sonder beweeg en  omgee sonder rondry!

 

Prakties beteken dit: niemand mag kos of goedere by die kerk aflaai nie, en ook nie versprei sonder die nodige permitte nie.

Hoe Beweeg ons as ons nie mag beweeg nie?

 

Hier is ‘n paar vrae wat ons gereeld kry?

 

Mag ek kos by die kerk gaan aflaai? Nee. Dit is onwettig.

Mag ek op straat kospakkies uitdeel? Slegs as jy die nodige permitte het.

Moet ek vir arm mense kos voorberei? Nie nou nie.

Hoe kan ons dan saam staan in hierdie tyd?

 

Gebed: Bid by die naam vir mense wat deur moeilike tye gaan. Bid vir ons regering en al die noodsaaklike diensverskaffers. In ons gemeente is dit die mense wat in die Beweeg kantoor werk en Betereinders, asook van ons vennote. Loer gerus op ons webblad om te sien vir wie jy kan bid.

Belydenis: om met integriteit te dink oor armoede en nood in die tyd, vra ons vir God om ons te wys waar ons tekort geskiet het of ongehoorsaam was in ons leef en dink, voor Covid 19 en selfs nou in hierdie onsekere tye.

Bou ‘n BeweegBoks in jou huis: plaas ‘n kos item in die boks as jy lekker eet of inkopies doen. Na die inperking sal ons almal ons BeweegBokse kerk toe bring, die nood gaan baie groot wees. So bly ons nou sensitief en ‘een’.

Gee geld. Skenk finansieel. Hierdie is ‘n tyd waar ons as gemeente, uit diep dankbaarheid, na buite kyk en mense op ‘n slim en strategiese manier bystaan, veral die mees weerloses. Ons kry deur geld en koeponne hulp baie vinnig by mense omdat ons hard gewerk het aan ons verhoudings en vennootskappe. As jy gee, gee uit dankbaarheid, solidariteit en gee onvoorwaardelik. Gee waar jy mense se karakter ken en hul oordeel vertrou. Jy kan gee deur die gemeente se snapscan te gebruik of ‘n

Help die Helpers

 

In die week van 3-10 Mei is dit nog nie toelaatbaar vir tuiniers en domestics om te werk nie. Maak seker jy hou aan om hulle te betaal en dat jy hulle nie aanmoedig om die wet te oortree nie. Praat dalk met hulle oor nood daar waar hulle woon. Dalk kan jy ekstra hulp verleen waarmee hulle hul bure, familie of vriende kan help, daar waar hulle bly. As jy nie baie arm vriende het nie, dink sommer dalk ook aan van jou vorige helpers, dalk kan jy hulle in hierdie tyd seën.

Onthou: As jy ‘n arm persoon wil help, onthou om te fokus op ‘n respekvolle postuur. Bel hulle, hoor hoe gaan dit, vra algemene vrae. Later in die gesprek kan jy verneem oor uitdagings, vra of jy met iets kan help en spits jou ore vir wat nodig is en hoe die persoon verkies om gehelp te word.

“Ons beweeg nie omdat ons oulik en gaaf is nie, maar vanuit ‘n diep oortuiging van geregtigheid en eenheid”

Besoek gerus die Beweeg bladsy vir nog artikels of inligting.

As jy wil bydra tot die gemeente se noodfonds kan jy ‘n EFT doen of hierdie snapscan kode gebruik. 

 

 

FGK Bankbesonderhede:

Naam: Fontainebleau Gemeenskapskerk

Bank: Absa

Tipe: Tjek

Rek nr: 170580109

Tak: 632005

Jesus se gebed : Johannes 17

Jesus se gebed : Johannes 17

In Johannes 17 lees ons die langste gebed van Jesus. In die erediens het Adri-Marie van Heerden die beeld gebruik dat ons uitgenooi word om hierdie gebed af te luister. In hierdie gebed bid Jesus vir eenheid en ook vir ons ken van God. Dit is maklik om iets te breek,...

read more
Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Doen dit vir my! Hoeveel ouers het nie al hierdie woorde vir hulle kinders gesê omdat hulle nie een of ander taak wil verrig nie. Kind: "Maar ek wil nie skottelgoed was nie!" Ouer: "Jy doen dit vir my" Hierdie dinamiek probeer 'n verband bring tussen die opdrag en die...

read more
15 Mei 2020 Nuusbrief

15 Mei 2020 Nuusbrief

Geliefdes Verlede Sondag het ons gefokus op Jesus se woorde “Julle moet nie ontsteld wees nie”. Ons is ook steeds besig met ons Pinkstermateriaal. Eerskomende Sondag se erediens fokus op Johannes 14:15-21. Die dienste sal weerregstreeks op YouTube en Facebook...

read more
Waardes vir kinders

Waardes vir kinders

Waardes en ons kinders Die inperkingstyd gee vir ouers die geleentheid om sekere gesprekke met ons kinders te hê waarvoor daar soms nie genoeg tyd is nie. Ons het al voorheen na emosies gekyk. Watter gesprekke kan ons nog met ons kinders voer wat waardevol is? Dalk...

read more
Refleksiegebed

Refleksiegebed

REFLEKSIEGEBED (gebaseer op St. Ignatius van Loyola se Examen-gebed)   *Dit help om dele van hierdie gebed in jou joernaal neer te skryf. 1.Haal ’n paar keer diep asem om rustig te raak en word bewus van God se teenwoordigheid. 2.Vra vir God vir leiding in...

read more
‘n Groot bôrdinghuis

‘n Groot bôrdinghuis

Hoe leef ons tydens hierdie Covid-19 krisis met Jesus se woord, "Julle moet nie ontsteld wees nie"? Johannes 14:1. Hierdie woorde van Johannes 14 is die leesrooster teks in hierdie 5de week van die Paasseisoen. Die seisoen wat ons op die 50-dag pad tot en met Pinkster...

read more
Noodfonds

Noodfonds

FGK Noodfonds This is a relief fund in line with FGK Strategic plan for Beweeg, which is helping people in need. As a church, we have a specific focus, which is integrated and focussed on wholeness and relationships. We are not just a charity distributing handouts....

read more
Betereinder terugvoer

Betereinder terugvoer

Locked down, then what? What happened? On 23 March 2020 the Board of Betereinders reached immediate consensus that the Covid-19 crisis and subsequent lockdown would entail dire effects for society’s most vulnerable individuals. By 25 March the Board approved R75 000...

read more
As jy die gemeente se nuusbrief wil ontvang vul die volgende in.

As jy die gemeente se nuusbrief wil ontvang vul die volgende in.

Jy is nou ingeteken!

Share This