‘n Groot bôrdinghuis

Besin, Covid-19, Nuus

Hoe leef ons tydens hierdie Covid-19 krisis met Jesus se woord, “Julle moet nie ontsteld wees nie“? Johannes 14:1.

Hierdie woorde van Johannes 14 is die leesrooster teks in hierdie 5de week van die Paasseisoen. Die seisoen wat ons op die 50-dag pad tot en met Pinkster laat.

Ons loop nie hierdie pad alleen nie. Die uitnodiging is om saam met Jesus te stap. Want Hy is die Weg, die Waarheid, die Lewe.

Moenie ontsteld wees nie

Wanneer mens midde ‘n storie leef is ontsteld-wees omtrent altyd in die “mix”. Dink maar aan al die goeie stories. Vat bv. Lord of the Rings se vertelling van arme Frodo wat platgeslaan word deur die enorme taak om die ring te verwoes. In een van die treffende gesprekke hoor ons hierdie (jy kan ook die video hieronder kyk):

Frodo: “I can’t do this, Sam”.

Sam: I know. It’s all wrong. By rights we shouldn’t even be here. But we are. It’s like in the great stories, Mr. Frodo. The ones that really mattered. Full of darkness and danger, they were. And sometimes you didn’t want to know the end. Because how could the end be happy? How could the world go back to the way it was when so much bad had happened? But in the end, it’s only a passing thing, this shadow. Even darkness must pass. A new day will come. And when the sun shines it will shine out the clearer. Those were the stories that stayed with you. That meant something, even if you were too small to understand why. But I think, Mr. Frodo, I do understand. I know now. Folk in those stories had lots of chances of turning back, only they didn’t. They kept going. Because they were holding on to something.

Frodo: What are we holding onto, Sam?

Sam: That there’s some good in this world, Mr. Frodo… and it’s worth fighting for.

Waaraan hou jy in hierdie tyd vas?

 

Jesus se opdrag, na sy uitnodiging om nie ontsteld te wees nie is : Glo in God, glo ook in my.

Vroeër hierdie week vra een van my vriende vir my, “Tom, waarmee is God tans besig in jou lewe en in die lewe van julle gemeente?”

Dit is ‘n vraag wat geloofsonderskeidend is. Dit voorveronderstel dat God besig en aktief is. Dit is ‘n vraag wat deur ons sekulêre realiteit sny. Want ons kan maklik leef asof God nie aktief aan die werk is nie. Dit is ‘n toestand wat die Kanadese filosoof Charles Taylor beskryf as “The buffered self.” Die buffered persoon kan leef in ‘n manier wat James KA Smith beskryf as “disenchanted”. God is nie meer aktief besig nie.

So waarmee is God besig?

Om plek te maak … om ‘n woning te skep … ‘n oikos waar daar baie plek is … Johannes 14:1-4

Of soos Breyten Breytenback so treffend dit gestel het … “mý vader het ‘n groot bôrdienghuis”

Hy skryf in hierdie gedig oor sy grootword in Wellington en oor hierdie teks in Johannes 14. Hier is die gedig , en hieronder ‘n video wat die ATKV daaroor gemaak het:

EK SAL STERF EN NA MY VADER GAAN: ‘N GEDIG

ek sal sterf en na my vader gaan
Wellington toe met lang bene
blink in die lig
waar die kamers swaar en donker is
waar sterre soos seemeeue sit op die nok
en engele vir wurms spit in die tuin,
ek sal sterf en met min bagasie
in die pad val
die Wellingtonse berge oor
tussen die bome en die skemer deur
en na my vader gaan;

die son sal in die aarde klop
die wind se branders laat die voeë kraak
ons hoor die huurders
skuurloop bo ons kop,
ons sal dambord speel op die agterstoep
– ouvader kul –
en oor die radio
luister na die nag se nuus

vriende, medesterwendes,
moenie huiwer nie; nou hang die lewe
nog soos vlees om ons lywe
maar die dood beskaam nie;

ons kom en ons gaan
is soos die water uit die kraan so
soos klanke uit die mond
soos ons kom en ons gaan:
ons béne sal die vryheid kén –
kom saam

in my sterf in in my na my vader gaan
Wellington toe waar die engele
met wurms vet sterre uit die hemel hengel;
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees:
mý vader het ‘n groot bôrdienghuis

© Breyten Breytenbach

As personeel en leierskap van die gemeente gaan ons in die volgende paar maande met diepe afhanklikheid saam onderskei wat die Here in ons midde doen. Jy is welkom om saam te onderskei en te gesels. Komende week bestudeer ons hierdie artikel.

Grief and loss go together in Christian faith with vision and hope in a singular way, because they are the story of Cross and Resurrection. There is no greater grief than Calvary, the crucifixion of the very Son of God by the ones he came to save. There is no greater hope than Easter. And the risen Lord of Easter made himself known to his disciples by the wounds in his hands, feet, and side. When we rise and reign with him over the new creation, he will be in appearance like a Lamb that was slain. We, too, will bear our scars, and the leaders of our worship will be the martyrs, the ones who sacrificed everything to bear witness to him.

Christian creativity begins with grief — the grief of a world gone wrong. It enfolds it in lament — the loud cry of Good Friday, the silence of Holy Saturday — and still comes to the tomb early Sunday morning. We are burying and saying goodbye to so much in these days, and around the world people are burying and saying goodbye to those they loved. But we do not grieve without hope. If we grieve with Jesus, and make room for others to grieve, we can hope to be visited by the Comforter, the Spirit who breathed over creation before it was even formed. And that Spirit will guide us in the choices we have to make, even on the hardest days that are ahead.

Ons werk saam met Jesus met die belofte dat ons saam met Jesus in hierdie seisoen wandel as die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Hier is die preek van 10 Mei 2020

Selah

NS> As jy wonder oor die prentjie bo aan hierdie gedeelte … luister gerus na die preek

Jesus se gebed : Johannes 17

Jesus se gebed : Johannes 17

In Johannes 17 lees ons die langste gebed van Jesus. In die erediens het Adri-Marie van Heerden die beeld gebruik dat ons uitgenooi word om hierdie gebed af te luister. In hierdie gebed bid Jesus vir eenheid en ook vir ons ken van God. Dit is maklik om iets te breek,...

read more
Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Doen dit vir my! Hoeveel ouers het nie al hierdie woorde vir hulle kinders gesê omdat hulle nie een of ander taak wil verrig nie. Kind: "Maar ek wil nie skottelgoed was nie!" Ouer: "Jy doen dit vir my" Hierdie dinamiek probeer 'n verband bring tussen die opdrag en die...

read more
15 Mei 2020 Nuusbrief

15 Mei 2020 Nuusbrief

Geliefdes Verlede Sondag het ons gefokus op Jesus se woorde “Julle moet nie ontsteld wees nie”. Ons is ook steeds besig met ons Pinkstermateriaal. Eerskomende Sondag se erediens fokus op Johannes 14:15-21. Die dienste sal weerregstreeks op YouTube en Facebook...

read more
Waardes vir kinders

Waardes vir kinders

Waardes en ons kinders Die inperkingstyd gee vir ouers die geleentheid om sekere gesprekke met ons kinders te hê waarvoor daar soms nie genoeg tyd is nie. Ons het al voorheen na emosies gekyk. Watter gesprekke kan ons nog met ons kinders voer wat waardevol is? Dalk...

read more
Refleksiegebed

Refleksiegebed

REFLEKSIEGEBED (gebaseer op St. Ignatius van Loyola se Examen-gebed)   *Dit help om dele van hierdie gebed in jou joernaal neer te skryf. 1.Haal ’n paar keer diep asem om rustig te raak en word bewus van God se teenwoordigheid. 2.Vra vir God vir leiding in...

read more
Noodfonds

Noodfonds

FGK Noodfonds This is a relief fund in line with FGK Strategic plan for Beweeg, which is helping people in need. As a church, we have a specific focus, which is integrated and focussed on wholeness and relationships. We are not just a charity distributing handouts....

read more
Betereinder terugvoer

Betereinder terugvoer

Locked down, then what? What happened? On 23 March 2020 the Board of Betereinders reached immediate consensus that the Covid-19 crisis and subsequent lockdown would entail dire effects for society’s most vulnerable individuals. By 25 March the Board approved R75 000...

read more
Beweeg as ons nie mag beweeg nie?

Beweeg as ons nie mag beweeg nie?

Beweeg sonder Beweeg?!   Tydens die inperking wil ons beweeg sonder beweeg en  omgee sonder rondry!   Prakties beteken dit: niemand mag kos of goedere by die kerk aflaai nie, en ook nie versprei sonder die nodige permitte nie. Hoe Beweeg ons as ons nie mag...

read more
As jy die gemeente se nuusbrief wil ontvang vul die volgende in.

As jy die gemeente se nuusbrief wil ontvang vul die volgende in.

Jy is nou ingeteken!

Share This