Dapper Stappers (4 - 6 jaar)
Sondae 09:00 - 10:00
Die kinderkerkdiens vind op Sondae tydens die Erediens tussen 09:00 - 10:00 plaas. Medewerkers bied weekliks (tydens die skoolkwartaal) 'n les vanuit die Kids eXpress kurrikulum 'Dapper Stappers' aan.
Dapper Stappers kan vanaf 8:45 by hul klassie in die Grootsaal ingeteken word. Daar sal een gesamentlike les wees vir Gr.R en Gr.RR. Ouers is welkom om die les saam met hul kind/kinders by te woon totdat hul gemaklik voel met die klas. Daar sal 1 lesaanbieder medewerker en 2/3 assistente aan diens wees elke week. Vir kinders se veiligheid word Dapper Stapper kinders in- en uitgeteken deur ouers.
Alle medewerkers wat by die kinderkerk en jeug betrokke is gaan deur 'n onderhoud en 'background check' proses om seker te maak dat alle kinders en ouers veilig en gemaklik kan voel in hul klasse en tydens die lesse.