ekko Laerskool bediening (Graad 6 - 7)

Sondae 09:00 - 10:00

Sondae kinderkerkdiens
Die kinderkerkdiens vind op Sondae tydens die Erediens tussen 09:00 - 10:00 plaas. Ons begin die diens die 'n ontmoeting met God te fasiliteer deur 'n lekker aanbiddingsoomblik en spesiale gebedsmoment waar kinders leer hoe om direk met God te praat en 'n persoonlike verhouding met Hom kan groei. Daarna verdeel kinders in graadverband waar medewerkers weekliks (tydens die skoolkwartaal) 'n les aan bied. Ons gaan in die jaar 2022 weer van die materiaal genaamd ODOS (www.odos.co.za) gebruik maak. Daar is 4 verskillende medewerkers wat roteer per graad, en ouers word aangemoedig om die medewerkers te leer ken.

Graad 6 - 7 kinders kan vanaf 8:45 deur hul ouers/voodge in die Grootsaal ingeteken word. Vir kinders se veiligheid word hul in- en uitgeteken deur ouers.

Vrydae bybelstudie
Daar word 8 keer 'n jaar van 15:00 - 16:30 'n byeenkoms aangebied waar graad ses en sewe kinders die geleenteid kry om te te eet, kuier en bybelstudie te hou. Hierdie sessies word behartig deur verskeie FGK-personeellede.
Die datums loop as volg:
06 Mei
27 Mei
24Junie
29 Julie
26 Augustus
30 September

Alle medewerkers wat by die kinderkerk en jeug betrokke is gaan deur 'n onderhoud en 'background check' proses om seker te maak dat alle kinders en ouers veilig en gemaklik kan voel in hul klasse en tydens die lesse.

EKKO Jaartemas

graad ses

Ons leer meer van elke boek in die Ou Testament, hoekom dit geskryf is en deur wie.
Lesse word aangebied deur medewerkers.

graad sewe

Ons leer meer van elke boek in die Ou Testament, hoekom dit geskryf is en deur wie.
Lesse word aangebied deur medewerkers.

Graad sewe piekniek
Om van Laerskool na Hoërskool te gaan is 'n groot mylpaal wat bereik word maar ook 'n baie groot skuif en kan soms bietjie skrikwekkend voorkom.  
Om die skuif so bietjie te vergemaklik hou Corinne  en Raynhard op 16 Oktober 'n spesiale byeenkoms vir ons graad sewe en hul ouers.
Die graad sewes woon ook van 16 Oktober die laaste twee tiener aanddienste genoem eX by.
Die diens is van 17:30 - 19:00 maar tieners kuier reeds van 17:00 af saam om 'n bonfire met hot chocolate en popcorn.

6 Week Grade-challenge

Die grade-challenge gaan afskop op 8 Mei en eindig op 12 Junie.
Ons daag kinders uit om, wat hulle by die kinderkerk leer verder en dieper te ontdek in die week saam met hulle gesinne. Ons sal weekliks challenges vir die kinders gee om by die huis te gaan doen. Elke challenge wat voltooi word, wen 'n punt vir hul graad se span. Aan die einde van die 6 weke, is die span met die meeste punte, die wenners! Die wen-span gaan 'n 'build your own ice-cream' experience wen om te geniet tydens die eerste les van die nuwe (derde) kwartaal.

Familie pretdae

Daar word een keer per kwartaal 'n familie pretdag by die kerkgebou aangebied om geleentheid te skep vir ouers en kinders om tyd saam met mekaar en saam met ander gesinne te spandeer.

Die datums vir die volgende familie pretdae loop as volg:
13 Mei 2022 - Makiti
10 September 2022 - Potjiekos
16 Desember 2022 - Laêr trek in township saam met Betereinders

Vakansieprogram (4 - 8 Julie)

FGK gaan vir die eerste keer 'n vakansieprogram aanbied tydens die Junie/Julie vakansie. Ons noem dit die Vakansie Fees en hierdie jaar se tema is EK WONDER. Tydens hierdie week gaan ons speel, lag, sing, dans, Bybelstories leer, nuwe maats maak en kuier met ou maats.  Ons het dikwels groot vrae oor hoe die wêreld werk so gaan dieper delf in Bybelstories en ontdek hoekom elke maatjie se lewenstorie saak maak, watter gawes God vir elke maatjie gegee het, wat ons by ander se stories kan leer en leer hoe ons tyd met God kan spandeer. Die koste sluit etes, aktiwiteite en alle benodigdhede in en is R550 per laerskool kind, en R650 per tiener.

Datum: 04 - 08 Julie 2022 (Maandag - Vrydag)
Tye: daagliks van 09:00 - 14:00

Ouer boekclub en huweliksklasse

Vir die jaar 2022 gaan sommige ouers wat wil, saam deur 'n boek oor ouerskap werk. Hierdie boek word gebruik as wegspringpunt vir verdere en dieper gesprekke oor die onderwerpe wat na vore kom uit die boek of self enige ander onderwerpe oor die huwelik, ouerskap of gesinne.

Ouers met klein kinders gaan 7 ritmes vir gesonde kinders deur Tom en Lollie Smith deurwerk.
Ouers met tieners  gaan Help! My kind word groot deur Johan Smit deurwerk.

Het jy vrae?

Ons hoop dat jy na die lees van hierdie bladsy, alles weet oor wat ekko is en hoe en hoe die formasie van graad 6 & 7 by FGK werk, maar indien jy nog 'n vraag of voorstel het kan jy gerus kontak maak met ons. Ons wil graag help om al jou vrae te beantwoord, en is altyd opsoek na maniere om te verbeter. Ons sal graag van jou wil hoor.