eX - hoërskool bediening

Die naam kom uit Efesiers 3:14-21, wat ook ons droom is vir ons tieners.  Die skrifgedeelte praat van God se liefde en dat ons die lengte, breedte, hoogte, en diepte van Sy liefde sal ken.  Die amplified Bybel verduidelik die woord “ken” as om dit vir jouself te “experience”, dus die naam “eX”.  Ons gebed is dat al ons tieners regtig God se liefde, persoonlik sal “experience” en dat hulle sodoende in God se liefde en genade sal leef in hul allerdaagse lewens.

eX (aanddiens)

Ons dienstyde van Sondaeaande is 17:30-19:00 maar tieners is welkom reeds van 17:00 saam te kom kuier met lekker musiek, koffie, hot chocolate, popcorn en lekker chats om die pool tafel.
 
Tydens die tiener-aanddiens fokus ons op God se woord en hoe dit relevant is in ons allerdaagse lewe en hoe ons dit kan toepas in Suid-afrika in 2024. Kom kuier saam!

Ons reis/"binge" tans deur die Nuwe Testament. Die doel is om bybelkarakters en bybelstories so goed te leer ken soos ons gunsteling TV-shows.  

Bonfire (Vrydae kuiers)

Ons het een keer per maand (tydens skoolkwartale) ‘n Vrydagaand-kuier wat slegs gaan oor verhouding te bou en om saam fun te hê.  Ons voel ons kan net inspraak in ons tieners se lewens hê as ons opregte verhoudings kan bou met hulle.  Dit is ook vir ons belangrik dat ons tieners gemaklik voel in ons jeug-spasie en waarlik hulself kan wees. Tieners is welkom om vriende te nooi om saam te kuier.

#Imagine Experience

#Imagine is 'n landswye tienerkamp waar 2000 tieners saam kamp by twee venues.
By die kamp is daar amazing worship sessions en  interessante workshops en geselsies oor praktiese maniere oor hoe ons Jesus kan volg in vandag se lewe. Dit is n great kamp vir tieners! Die kamp steek altyd die kinders se vlamme vir Jesus weer aan die brand!

Datum: 21-23 Maart 2024
Venue: Nampo Park in Bothaville (ons ry almal saam in 'n bus)
Koste: R800 (R650 vir die kamp-kaartjie en R150 om by te dra tot die koste van die bus)

Kontak vir Raynhard (raynhard@fgk.co.za) indien julle belangstel om saam te kamp!

Vakansie Fees (24 - 28 Junie)

FGK gaan weer 'n vakansieprogram aanbied tydens die Junie/Julie vakansie.

Tieners word dienaars tydens die Laerskool-vakansieprogram van 07:00 - 14:00, waarna hul tyd het om huis toe te gaan, te stort en 'n tas te pak voor hul om 17:00 weer terug moet wees by die kerkgebou waar hul elke aand oorslaap en deelneem aan hul eie vakansieprogram. Tieners se etes is ingesluit maar is welkom om snacks te bring om met hul vriende te deel.

Datum: 24 - 28 Junie 2024
Tye: Daagliks van 07:00 - 14:00 en weer van 17:00 af
(Tieners slaap by die kerkgebou oor en het daagliks 'n af-tydjie tussen 14:00 - 17:00)

Kamp | 20 - 22 September

Ons gaan hierdie jaar kamp by Magalies Retreat kampterrein. Die kamp is vir almal in Graad 8 - 12 van FGK en vir enige vriend of vriendin wat wil saam kuier. Ons gaan swem, stap, kuier, worship, classic games soos lantern bekruip speel , vuil word op 'n obstacle course en groei in ons verhouding met God en mekaar.

Die koste per tiener wat wil saam kamp is R750 en sluit akkommodasie en etes in.

Ons sien baie uit om almal daar te sien en 'n naweek van groei in ons verhouding met God saam te beleef.

Belydenisklas (Graad 11)

Ons belydenisklas gesels in ‘n sessie saam met Ds. Tom Smith. Tom werk persoonlik met hulle vir die jaar met insette van ander FGK personeellede. Hierdie sessie vind plaas van 16:30 - 17:30.
Daarna het hulle geleentheid om ook eX by te woon tot 19:00.
Die belydenisklas van 2024 het in Januarie op 'n staptoer in die Magaliesberge gegaan om hul belydenisreis diep te begin.

Legacy Team (Graad 12)

Jongmense, veral die graad 12’s van 2024 wat in 2023 belydenis afgele het word hierdie jaar deel van ons Legacy team.  Hulle neem dan ‘n groter leierskapsrol in in die jeuggroep en help ons om eX en Bonfire beplan. Hulle droom ook saam oor die toekoms van eX.

Familie pretdae

Daar word een keer per kwartaal 'n familie pretdag by die kerkgebou aangebied om geleentheid te skep vir ouers en kinders om tyd saam met mekaar en saam met ander gesinne te spandeer.

Die datums vir die volgende familie pretdae loop as volg:
21 Januarie 2024 - Registrasie vir KIDSkerk en Tieners. Kom braai lekker saam!
10 Mei 2024 - Makiti
16 Desember 2024 - Laêr trek in township saam met Betereinders

Het jy vrae?

Ons hoop dat jy na die lees van hierdie bladsy, alles weet oor wat eX is en hoe die Hoërskool formasie by FGK werk, maar indien jy nog 'n vraag of voorstelle het kan jy gerus kontak maak met ons. Ons wil graag help om al jou vrae te beantwoord, en is altyd opsoek na maniere om te verbeter. Ons sal graag van jou wil hoor.