Fonteintjies (0 - 3 jaar)
Sondae 09:00 - 10:00
Kinders ouderdomme 0 - 3 jaar kan saam met hul ouers die Erediens in die baba- en kleuterkamer bywoon. Daar is 'n groot glasvenster, luidsprekers en TV skerm wat ouers help om die diens te beleef. Die baba- en kleuterkamer het ouderdom gepaste speelgoed en gemaklike sitplek. Let wel, die kamer is oop vir enige ouer of voog van kinders (manlik en vroulik) om te gebruik. Ons maak wel voorsiening vir mammas wat privaatheid nodig het, deur middel van cubicles. Ons werk hard daaraan om hierdie spasie so gepas as moontlik te maak so deel gerus enige idees oor hoe ons die spasie kan verbeter.
As 'n alternatief kan Fonteintjies wat gemaklik voel, die Dapper Stapper (4 - 6 jaar) les wat in die Grootsaal plaasvind bywoon. Ouers is welkom om die les saam met hul kind/ers by te woon totdat hul gemaklik voel.