Gewoontes vir die Goeie Lewe

God roep jou met die wonderlike uitnodiging, "Kom na my toe". Wanneer ons na God toe kom, antwoord ons vanuit ons regte lewens. Trevor Hudson herinner ons dat God se huisadres ons gewone lewens is. As volgelinge (of dissipels) van Jesus leef ons elkeen vanuit die spesifieke ritmes van ons lewens. In hierdie vraelys kyk ons na die huidige realiteite van ons lewens. Dié vraelys is nie 'n toets wat jy kan dop nie. Die vrae help ons om te verken vanwaar God ons nooi. Vra die Here om by jou te wees as jy hierdie vrae so eerlik as moontlik invul. Die resultate sal konfedensieel gehou word.