Huisgodsdiens

Huisgodsdiens – Inleiding

As Fontainebleau Gemeenskapskerk wil ons in hierdie jaar die ritme van huisgodsdiens herontdek. Die doel van huisgodsdiens is om as gesinne of vriende in ons huise oor ons lewe saam met God te praat. Dit is nie net bedoel vir ouers en kinders nie. Hierdie eerste sessie is ‘n inleiding om julle te help om voor te berei vir die jaar saam. Met huisgodsdien het ons ten doel om een keer ‘n week in ons huis te gesels oor ons verhouding met God (Besin), ons verhouding met mekaar (Behoort) en hoe ons saam ‘n verskil in die wêreld kan maak (Beweeg). In hierdie inleiding gaan ons deur ‘n paar stappe gaan om onsself voor te berei vir die jaar:

STAP 1: SKEDULEER ‘n TYD EN PLEK

Godsdiens is nie ‘airy fairy’ nie. Daarom nooi ons jou/julle uit om ‘n dag en tyd te kies waar julle deur die huisgodsdiens materiaal kan werk. Ons stel voor dat julle ten minste 45 minute voorsien vir saam gesels en bid.

 

STAP 2: WERK MET DIE BYBEL

 

Ons wil elkeen wat kan lees aanmoedig om ‘n fisiese Bybel na die huisgodsdiens te bring. Om in die Bybel na te slaan en om gedeeltes te onderstreep en om notas te maak word aanbeveel. Charles Spurgeon het eenmaal gesê,

“A Bible that’s falling apart usually belongs to someone who isn’t.”

 

STAP 3: TERUGKYK

 

Ons begin ons tyd saam deur die volgende twee vrae te beantwoord: (ons gee vir elkeen ‘n geleentheid om te antwoord. As jy regtig nie wil antwoord nie kan jy oorgeslaan word.

  • Wat was die lekkerste deel van jou afgelope week?
  • Wat was die slegste deel van jou afgelope week?

STAP 4: VOORBEREIDING EN “INPUT”

Elke week sal daar ‘n kort stuk voorbereiding wees vir die persoon wat die huisgodsdiens gaan fasiliteer. In hierdie kwartaal kyk ons na die Bible Project se videos oor die Bybel.  Hierdie week se video gaan oor die storielyn van die Bybel. As jy die video gekyk het en dink dat die mense in jou huis dit gaan verstaan, dan kan julle dit saam kyk. Anders nooi ons jou om die video op ‘n gepaste manier te verduidelik:

STAP 5: WAAR HET JULLE SONDAG IN DIE BYBEL GELEES

 

Elkeen in die huis kry geleentheid om die Bybelgedeelte wat in die klas of erediens behandel is aan die res van die familie te lees. Dit is goed om saam in die Bybels te blaai (vir dié wat reeds kan lees). As julle nie by die kategese of diens kon wees nie, lees die tekste wat gebruik is saam. Hierdie week het ons na Les 2 gekyk. 

Ouers is welkom om te kyk na die kategese temas om vas te stel wat hul kinders gedoen het. Jy kan hierdie skakel volg.

Ons moedig ook Laerskool ouers aan om die ODOs app af te laai. Verlede week was Les 2 gewees. Instruksies kan hier afgelaai word.

STAP 6: BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE OOR DIE TEK(STE) WAT JULLE GELEES HET

  • Wat was vir jou spesiaal in die Teks?
  • Waaroor het jy gewonder in die Teks?
  • Wat gaan jy doen nadat jy hierdie Teks gelees het?

STAP 7: BID SAAM

 

Gee vir elkeen geleentheid om te sê waarvoor hulle gebed nodig het. Sluit dan af deur vir elkeen geleentheid te gee om saam te bid.

KWARTAAL OEFENING

In hierdie eerste kwartaal memoriseer ons die die Ou – en Nuwe Testament boeke se name.