Fonteintjies
(0 - 3 jaar)

Dapper Stappers
(4 - 6 jaar)

ekko-kids
(Graad 1 - 5)

ekko
(Graad 6 - 7)

eX
(Hoërskool)

Belydenisklas
(Graad 11)

Die Jeug Span

Tom Smith

Belydenisklas
Tom Smith is getroud met Lollie. Saam met hulle kinders Tayla en Liam leer hulle wat dit beteken om as dissipels van Jesus die avonture van die koninkryk te leef. Tom is lief vir die buitelewe en is baie tevrede met 'n visstok in sy hand of om staproetes te beleef. Hy geniet ook lees en gesels oor 'n koppie koffie.

Raynhard van Staden

Hoërskool Jeugwerker
Raynhard is getroud met Marzaan van Staden. Raynhard het 'n passie vir tieners. Hy was vir sy hele lewe al betrokke in kerk en musiekbedienings. Hy was vir 11 jaar 'n voltydse musiek onderwyser en doen dit nogsteeds deeltyds. Hy is stout vir 'n stukkie braavleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.

Corinne Botha

Voorskool & Laerskool Jeugwerker
Corinne raak vreeslik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe. Sy is lief vir avonture en moet elke nou en dan iets nuuts hê om te probeer. Sy het 'n groot liefde vir mense en swieties en het altyd tyd vir 'n geselsie of grappie.