Vakansie Fees Registrasies

FGK gaan vir die eerste keer 'n vakansieprogram aanbied tydens die Junie/Julie vakansie. Ons noem dit die Vakansie Fees. Tydens hierdie week gaan ons speel, lag, sing, dans, kuier in die Bybel, nuwe vriende maak en kuier met ou vriende.  Ons het dikwels groot vrae oor hoe die wêreld werk so gaan dieper delf in Bybelverhale en ontdek hoekom elke tiener se lewenstorie saak maak, wat ons kan leer uit die Bybel en hoekom dit vandag nog relevant is, wat ons by ander se stories kan leer en leer hoe ons tyd met God kan spandeer. Die koste sluit etes, aktiwiteite en alle benodigdhede in en is R550 per laerskool kind, en R650 per tiener.

Datum: 03 - 08 Julie 2022 (Sondagmiddag - Vrydagoggend)
Tye: daagliks van 09:00 - 14:00 en ook 17:00 (oorslaap by die kerk)