Vakansie Fees Registrasies


FGK gaan vir die eerste keer 'n vakansieprogram aanbied tydens die Junie/Julie vakansie. Ons noem dit die Vakansie Fees en hierdie jaar se tema is EK WONDER. Tydens hierdie week gaan ons speel, lag, sing, dans, Bybelstories leer, nuwe maats maak en kuier met ou maats.  Ons het dikwels groot vrae oor hoe die wêreld werk so gaan dieper delf in Bybelstories en ontdek hoekom elke maatjie se lewenstorie saak maak, watter gawes God vir elke maatjie gegee het, wat ons by ander se stories kan leer en leer hoe ons tyd met God kan spandeer. Die koste sluit etes, aktiwiteite en alle benodigdhede in en is R550 per laerskool kind, en R650 per tiener.

Datum: 04 - 08 Julie 2022 (Maandag - Vrydag)
Tye: daagliks van 09:00 - 14:00