Koffiewinkelnuus

FGK is ’n gemeente wat Beweeg. Ons Beweeg nie net na buite nie, maar skep ook ’n kultuur van gasvryheid wat ’n innooi- en plekmaakbeweging behels.
Gevolglik is ons kuierarea nie net vir onsself nie, maar ’n plek waar ons ander mense raaksien en raak kuier. In hierdie lig is die finale keuse van die spasie se naam heel gepas.

Die nuwe naam is Bridge, wat nie net dui op die lang boonste glasvertrek wat soos ’n sky bridge lyk nie, maar dit is ook herinnering elke dag om ons roeping van rekonsiliasie (2 Korintiërs 5) en liefde (1 Korintiërs 13) uit te leef.

Die wenner van die naamkompetisie is Almarie Nel, wat eerste die voorstel van BRIDGE ingestuur het. Geluk en dankie Almarie, jy wen 50 gratis cappuccino’s!

Jy sal ook oplet dat ons die jaar afgeskop het met die konstruksie van ’n nuwe dak, wat die koffiekuierarea omskep in ’n veeldoelige en gesellige fasiliteit, wat ook al die weer na ons kant toe bring. Dankie Tommie, vir die kundigheid en harde werk.

Ons herinner almal dat die koffiewinkel Bridge deur ons gemeenskapsvennoot Betereinders bestuur word. Dit beteken ons skep nie net ’n permanente werk nie, maar omdat dit ’n nie-winsgewende projek is, verander ons die wêreld een koppie koffie op ’n slag.

Die Bridge is oop Maandag tot Vrydag tussen 07:00 en 15:00.