Ons gemeente se jaarlikse groot kuier onder die sterre het aangebreek! Op Vrydag 10 Mei gaan ons lekker saam Maanlig Makiti. Ons beplan ’n wildsfees en ’n wynveiling. Ons maak gereed vir baie mense, nooi jou bure en al jou familie. Bring ’n warm baadjie en kom kuier saam met ons om konkavure, helder sterrelig en onder die amperse volmaan! 

Die rede waarom ons ons jaarlikse Maanlig Makiti hou, is om saam te kuier, maar meer nog, om saam met mekaar se vriende te kuier, wat weer ander se vriende kan word. Dit is ’n “BEHOORT”-kuier vir ons wat mekaar reeds ken, maar dis ook ’n “BEWEEG”-kuier, deur jou vriende uit te nooi om saam te kom kuier.

Ons is baie dankbaar vir al die skenkings wat ons gemeente tot dusver gemaak het. By die wynveiling gaan een spesiale bottel wyn opgeveil word wat die onderstaande prys gaan insluit:

’n Geskenkbewys vir ’n jagnaweek wat insluit:
2 Nagte se verblyf op ’n gasteplaas (vier slaapkamers met ’n dubbelbed in elke kamer)
1 Wildsrit
1 Groot koedoebul
Slaggeriewe met ’n koelkamer 

Diegene wat nie by die Makiti kan wees nie, kan solank hul bod vir dié prys na die volgende adres stuur: office@fgk.co.za