Oesfees 2018

Ter afsluiting van ons jaarlikse dankoffermaand hou ons op Sondag 11 November 2018 ’n groot oesfees. Kom geniet vanaf 09:00 ’n feestelike erediens in die ope lug en daarna neem ons fees die vorm van ’n mark aan.

Ons vra elke gemeentelid of gesin om hul offer in die vorm van tuisgemaakte produkte na die oesmark te bring en te kom verkoop. Van ons kweek plantjies, lê perskes in, rooster koffie, bak brood, hekel, doen houtwerk, sing, speel fluit, of “scrapbook”… Ander kan weer kies om vetkoek, pannekoek, worsies-op- ʼn -stokkie, potjiekos, wyn of gemmerbier te kom verkoop. Die geheim: Al die produkte is tuisgemaak! Ons sal sorg vir heerlike kuierruimtes en ’n feestelike atmosfeer. Ons deel ons gawes met mekaar en bring al die wins van ons mark as ’n dankoffer vir al die gawes wat God vir ons gee. Dink solank wat jy of jul gesin hierdie jaar na die oesfees kan bring. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.  As jy vrae het kan jy gerus vir Cillié kontak by andriesl@mweb.co.za en 079 873 7075.