PERSONEELSPAN

Tom Smith

Spanleier

Tom Smith is getroud met Lollie. Saam met hulle kinders Tayla en Liam leer hulle wat dit beteken om as dissipels van Jesus die avonture van die koninkryk te leef. Tom is lief vir die buitelewe en is baie tevrede met 'n visstok in sy hand of om staproetes te beleef. Hy geniet ook lees en gesels oor 'n koppie koffie.

Schalk van Heerden

Diensleraar
Gemeenskapsbetrokkenheid en Predikant

Na 20 jaar in Mosambiek, plakkerskampe en middestad bly hy nou heerlik in Fontainebleau. Getroud met Marlé, is pa vir Schalk nommer 6 en klein Christiaan, het twee hondjies, Apie en Skapie asook kwarteltjies sonder name. Sy roeping is om as brug te dien en geregtigheid te bevorder en daarom is hy ook betrokke by Betereinders. Hy hou van bome, perde, skryf en bad.

Jaco de Witt

Leraar

Hy is mal oor die getroud met Michelle lewe. Hulle het 'n nuwe baba dogtertjie Mikah en twee honde wat soos hulle lyk. Hy hou van kreatiwiteit, nuwe idees, en is 'n skaamtelose koffie snob.  Hy hou van die buitelewe, sy honde en om nuwe goed te probeer. 

Corinne Botha

Voorskool & Laerskool Bediening

Corinne raak vreeslik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe. Sy is lief vir avonture en moet elke nou en dan iets nuuts hê om te probeer. Sy het 'n groot liefde vir mense en swieties en het altyd tyd vir 'n geselsie of grappie.

Raynhard van Staden

Hoërskool bediening

Raynhard is getroud met Marzaan.  Raynhard het 'n passie vir tieners.  Hy was vir sy hele lewe al betrokke in kerk en musiekbedienings.  Hy was vir 11 jaar 'n voltydse musiekonderwyser. Raynhard is stout vir 'n stukkie braaivleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.

Jean Pelser

Administreerder

Jean is die Administrateur by FGK kerkantoor en is verantwoordelik vir verhurings en kerkkantoor-administrasie. Hy is getroud met Liezel. Jean het 'n passie vir geestesgesondheid, narratiewe terapie en roei graag by die gym.

Marlé van Heerden

Musiek & Aanbiddingsleier

Marlé glo dat musiek deel van haar roeping is en het ‘n groot passie daarvoor. Sy is ‘n ‘drummer’ maar geniet sang en aanbidding net so baie. Sy ry ook motorfiets en kan nie wag dat haar 2 bulletjies, Schalkie en Christiaan saam met haar en pappa Schalk op avonture kan gaan nie.
ONTMOET ONS GEMEENTERAAD

Daantjie Smit

Voorsitter

Allouette Barker

Onder-voorsitter

Alex Scott

Alexis Kahts

Annalida Groenewald

Jaques Kruger

Jan Lombard

Izak Kriel

Lizette Brown

Lizzie Mammes

Rozetta Viljoen

Vian Ferreira

Jaco de Witt

Leraar

Schalk van Heerden

Diensleraar & Betereinders

Tom Smith

Spanleier en diensleraar