Bybelstudie 13 Mei : Petrus se herstel (Johannes 21:15-19)

Besin

Petrus word herstel

In Johannes 21:15-19 lees ons die gesprek van Jesus en Petrus. Dit is ‘n aangrypende teksgedeelte:

Johannes 21:15–19

15Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”

16Jesus vra hom weer ’n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.”

17Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.

18Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.”

19Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!

Petrus se maand was nogal erg. Eers sê hy dat hy nooit Jesus sal verloon nie, dan verloon hy Jesus drie keer voor die haan kraai. Met die opstanding word daar spesifiek aan hom die volgende uitnodiging gegee: “Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”

Hier is hy nou, in Galilea by ‘n visbraai! Nou word Petrus deur Jesus herstel. Die drie vrae aan Petrus is die spieëlbeeld van sy drie verlonings. Petrus toon enorme groei in sy lewe tussen Paasfees en Pinkster. Dallas Willard het ‘n fantastiese beskrywing oor sy groei, lees dit gerus hier.

Hoe dink jy was Jesus se stemtoon en sy gesigsuitdrukking terwyl hy met Petrus gesels? Wat leer ons oor ons eie emosies in hierdie teks.

In vandag se Bybelstudie het ons bietjie hieroor gesels. Kyk gerus van die video hieronder.

 

Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Beperkte inperking

Beperkte inperking

Beperkte Inperking Gemeentelede sal bly wees om te verneem dat FGK ’n Covid-19 Taakspan gestig het wat sake op ons perseel met oordeel bestuur. Sommige van ons huurders en gevolglik ons personeel is weer op die perseel. Gemeentelede moet asseblief nie kuier of kom...

read more
Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Dis warm, dis ongemaklik, dis seer. Daar’s vonke, vuur en ’n gedurige gekap: die oorverdowende geraas van staal op staal. Ons word eers in ’n vuur gloeiend warm gemaak en dan weer in yskoue water gedompel; daar’s ’n gesuis van stoom. Maar met elke warm-en-koudmaak...

read more
Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

In hierdie tyd gesels die Sielkundige Lollie Smith oor ons ervarings in Covid-19. Sy bespreek dat ons tans almal deur trauma gaan en dat dit ons gedrag wat sy as goggas beskryf na vore laat kom. Sy help ons ook om te dink hoe ons vir mekaar goed kan wees in hierdie...

read more
Jesus se gebed : Johannes 17

Jesus se gebed : Johannes 17

In Johannes 17 lees ons die langste gebed van Jesus. In die erediens het Adri-Marie van Heerden die beeld gebruik dat ons uitgenooi word om hierdie gebed af te luister. In hierdie gebed bid Jesus vir eenheid en ook vir ons ken van God. Dit is maklik om iets te breek,...

read more
Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Doen dit vir my! Hoeveel ouers het nie al hierdie woorde vir hulle kinders gesê omdat hulle nie een of ander taak wil verrig nie. Kind: "Maar ek wil nie skottelgoed was nie!" Ouer: "Jy doen dit vir my" Hierdie dinamiek probeer 'n verband bring tussen die opdrag en die...

read more
15 Mei 2020 Nuusbrief

15 Mei 2020 Nuusbrief

Geliefdes Verlede Sondag het ons gefokus op Jesus se woorde “Julle moet nie ontsteld wees nie”. Ons is ook steeds besig met ons Pinkstermateriaal. Eerskomende Sondag se erediens fokus op Johannes 14:15-21. Die dienste sal weerregstreeks op YouTube en Facebook...

read more
Waardes vir kinders

Waardes vir kinders

Waardes en ons kinders Die inperkingstyd gee vir ouers die geleentheid om sekere gesprekke met ons kinders te hê waarvoor daar soms nie genoeg tyd is nie. Ons het al voorheen na emosies gekyk. Watter gesprekke kan ons nog met ons kinders voer wat waardevol is? Dalk...

read more
Share This