FGK leef vir
geregtigheid en versoening

FGK se uitreik werk

FGK fokus op drie elemente van beweeg, drie areas waardeur ons wys ons bestaan nie bloot vir onsself nie.

FGK gebruik die tien stappe wat ons saam Betereinders ontwerp  het as ’n strategiese plan.
Ons Beweeg in ons onmiddelike gemeenskap (omgewing), dit sluit lidmaatsorg in. Ons maak gebruik van ‘n noodfonds hiervoor.  As lid van die liggaam van Christus en ook van die NG Kerk, beweeg ons in samewerking en tot voordeel van die wyer kerk en ook die NGK in besonder. ’n Groot deel van ons Ring- en Sinodebydraes gaan nie net om arm gemeentes te help nie, maar direk na gemeenskapswerk toe, bv Abraham Kriel Bambanani en Tutela. Dit is belangrik om te onthou dat die gemeente-as-organisasie sekere dinge doen om ‘n voorbeeld te stel, maar elke lidmaat kan en moet ‘beweeg’ daar waar hulle geplant is!

Ons is opgewonde oor die toerusting wat ons vir lidmate gaan gee.

Die 10 stappe van FGK se uitreike

Ons fokus daarop om saam te werk en saam te stap. Hier is 10 van ons stappe en inisiatiewe: 

STAAN SAAM

Witwerk: Maak Plek vir Taxis
Real Talk: Swart en Wit saampraat
Braai saam: Braai en Eet oor kleurgrense
Een-tot-een verhoudings: ZebraX
Taakspanne: Slaggat en Zoeloe klasse

WERK SAAM

Die met geld gee geld: Bring en Gee (B&G)
Omgee vir weerloses: Martha Straat 90 (MS90) | Brughuis
Vaardighede: Vision in Action (VIA)
Kleinbesighede: The Bridge koffiewinkel
Boerdery: Isivuno en Saadprojek

KONTAK ONS OOR UITREIKE

Ons sal graag saam jou 'n pad wil stap.
Kontak ons gerus om meer besonderhede te kry oor jou volgende stap