Ons is baie dankbaar vir al die skenkings wat ons gemeente tot dusver gemaak het. Vir die wynveiling het ons die volgende spesiale prys ontvang. By die wynveiling gaan een spesiale bottel wyn opgeveil word wat onderstaande prys gaan insluit:

’n Geskenkbewys vir ’n jagnaweek wat insluit:

2 Nagte se verblyf op ’n gasteplaas (vier slaapkamers met ’n dubbelbed in elke kamer)

1 Wildsrit

1 Groot koedoebul

Slaggeriewe met ’n koelkamer

Diegene wat nie by die Makiti kan wees nie, kan solank hul bod vir dié prys na die volgende adres stuur: office@fgk.co.za