Wie is ons

Fontainebleau Gemeenskapskerk is deel van die NG Kerk van Suid Afrika en deel van die Ring van Linden.  Ons is geleë in Randburg in die woonbuurt Fontainebleau. As geloofsgemeenskap het ons in die vroeë 2000's ons naam van NG Kerk Fontainebleau verander na Gemeenskapskerk omdat ons 'n gemeente wil wees wat 'n verskil in die gemeenskap maak. Ons is deel van die NG Kerk se roeping om as gestuurde gemeentes in die plekke te leef waar ons werk of woon.

In 2023 is ons jaartema "Kom Dien Saam" en nooi ons mense uit om in die voetspore van Jesus te leer wat dit beteken om die Gewoontes vir die Goeie Lewe te beleef. Hierdie webblad (en ons App) is 'n wonderlike hulpmiddel vir hierdie reis. Ons nooi jou uit in die woorde van die laaste boek van die Bybel, Openbaring 22:17,


"En die Gees en die bruid sê:
"Kom!"
En laat elkeen wat luister, sê:
"Kom!"
En laat elkeen wat dors het,
kom.
En laat elkeen wat dit begeer,
die water van die lewe kom kry, verniet!"

- Openbaring 22:17