Junie 2020: Om die verskil te ken tussen Pink Floyd en George Floyd is Witwerk.

Beweeg, Covid-19, Witwerk

Dalk het jy nog nooit gehoor van ‘witwerk’ nie. Dis ok, witwerk is ‘n woord om iets goed te verduidelik en ja, jy kan witwerk doen sonder om die woord te ken!

Witwerk is Afrikaans en ‘n konsep vir Afrikaners. In eenvoudige taal kan ons witwerk beskryf as die proses om sin te maak van leef en wees met ‘n wit vel op ‘n swart kontinent, hoe om as wit persoon tuis te voel in Suid Afrika. Anders gestel, hoe dink, praat en leef ons op ‘n manier dat swart mense ons African sal noem? Ons kan hierdie vrae vra, nie net uit altruisme nie, maar selfs vir eie belang: hoe bou ons ‘n land waar ons kinders gaan veilig en welkom voel? Natuurlik praat witwerk direk oor die ding waaroor wit mense sukkel om te praat: rassisme.

Die grootste gevaar in witwerk is nie die gebruik van die k-woord of selfs vrees vir swartmense nie. Die grootste gevaar is om die olifant in die kamer te ontken deur sêgoed soos “ek sien lankal nie meer kleur nie” of “kan ons nie net aanbeweeg nie”. Daar is baie artikels en boeke geskryf oor hoekom hierdie sinne nie net naïef is nie, maar oneerlik en wreed. Witwerk begin by grootmense wat vir mekaar sê: “Daar is issues, als is nie ok nie en ons het nie die luuksheid om hierdie hartsake te ignoreer nie.”

Terug by pienk mense wat weet wie George Floyd is. Om bewus te wees van sosiale geregtigheid en die stryd teen rassisme is om ‘woke’ te wees, soos die jonges sê. Woke is maar net wakker, bewus en nie in ontkenning nie. In 2020 weet selfs tieners op skool wie George Floyd is en hoekom sy naam die wêreld aan die praat het. Spaar jouself gerus die drama om Amerikaanse gestryery te herhaal; die les om te ken uit George Floyd is dit: ‘n onskuldige swart man is alweer deur ‘n wit polisieman in die VSA vermoor. Sy woorde bly by ons: ‘I can’t breathe’. Rassisme is ‘n ding wat wit mense nie raaksien nie, maar wat ons swart broers en susters laat voel hulle kry nie asem nie.

As Christen kan ons nie toeskouers wees nie. Natuurlik is ‘keyboard warriors’ nie die pad om te gaan nie, al kan dit deel van jou integriteit wees om jou profiel op Facebook swart te maak of selfs met ‘n ‘Black Lives Matter’ (BLM) op straat te loop staan nie. Suid Afrika is baie anders as Amerika, maar rassisme, wat nie verdwyn het na slawerny of apartheid nie, bly rassisme en dis ons probleem. Ons het nie die luuksheid om te sê die dinge is ‘n roeping vir party Christene nie. Naaste liefde is nie opsioneel vir ‘n dissipel nie. Om God raak te sien in elke mens, om te treur oor onregverdigheid en te veg vir geregtigheid is nie opsioneel vir volgelinge van Jesus nie.

Hierdie dinge is nie politiek nie, dis God se groot opdrag en uitnodiging. Wat wel politiek is, is sekere groepe se konstante poging om wit mense in Suid Afrika as ‘victims’ oftewel slagoffers uit te beeld. Moorde op Kaapse vlaktes is net so erg soos moorde op plase. Vergeet van ‘white victimhood’, mense word betaal om daai narratief te dryf. Witwerk leer ons om nie ons voorregte en voorspoed te ontken of af te maak nie. Ons fokus nie op ons regte nie, maar ons voorregte. Dit beteken elke gawe (geld, kennis, bates, ervaring, verhoudings) stel ons tot diens van God en ander. Witwerk leer die Christen dat ‘ons mense’ mense is, wit en swart saam. Witwerk leer ons dat ons moedertaal nie Afrikaans is nie, maar Koninkrykstaal, God se woorde en God se hart, vir al sy kinders.

Moenie vashaak by protes oor rassisme in die VSA nie. Fokus op ongeregtigheid hier in ons land en leer hoe jy met integritit kan leef soos jy rekonsiliasie en restitusie uitleef tot eer van God.

Kyk gerus hierdie video as ‘n inleiding tot die gesprek.

 

 

Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Beperkte inperking

Beperkte inperking

Beperkte Inperking Gemeentelede sal bly wees om te verneem dat FGK ’n Covid-19 Taakspan gestig het wat sake op ons perseel met oordeel bestuur. Sommige van ons huurders en gevolglik ons personeel is weer op die perseel. Gemeentelede moet asseblief nie kuier of kom...

read more
Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Dis warm, dis ongemaklik, dis seer. Daar’s vonke, vuur en ’n gedurige gekap: die oorverdowende geraas van staal op staal. Ons word eers in ’n vuur gloeiend warm gemaak en dan weer in yskoue water gedompel; daar’s ’n gesuis van stoom. Maar met elke warm-en-koudmaak...

read more
Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

In hierdie tyd gesels die Sielkundige Lollie Smith oor ons ervarings in Covid-19. Sy bespreek dat ons tans almal deur trauma gaan en dat dit ons gedrag wat sy as goggas beskryf na vore laat kom. Sy help ons ook om te dink hoe ons vir mekaar goed kan wees in hierdie...

read more
Jesus se gebed : Johannes 17

Jesus se gebed : Johannes 17

In Johannes 17 lees ons die langste gebed van Jesus. In die erediens het Adri-Marie van Heerden die beeld gebruik dat ons uitgenooi word om hierdie gebed af te luister. In hierdie gebed bid Jesus vir eenheid en ook vir ons ken van God. Dit is maklik om iets te breek,...

read more
Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Doen dit vir my! Hoeveel ouers het nie al hierdie woorde vir hulle kinders gesê omdat hulle nie een of ander taak wil verrig nie. Kind: "Maar ek wil nie skottelgoed was nie!" Ouer: "Jy doen dit vir my" Hierdie dinamiek probeer 'n verband bring tussen die opdrag en die...

read more
15 Mei 2020 Nuusbrief

15 Mei 2020 Nuusbrief

Geliefdes Verlede Sondag het ons gefokus op Jesus se woorde “Julle moet nie ontsteld wees nie”. Ons is ook steeds besig met ons Pinkstermateriaal. Eerskomende Sondag se erediens fokus op Johannes 14:15-21. Die dienste sal weerregstreeks op YouTube en Facebook...

read more
Waardes vir kinders

Waardes vir kinders

Waardes en ons kinders Die inperkingstyd gee vir ouers die geleentheid om sekere gesprekke met ons kinders te hê waarvoor daar soms nie genoeg tyd is nie. Ons het al voorheen na emosies gekyk. Watter gesprekke kan ons nog met ons kinders voer wat waardevol is? Dalk...

read more
Share This