
Fontainebleau Gemeenskapskerk
Wat is in 'n naam?
Fontainebleau Gemeenskapskerk is 'n Nederduitse-Gereformeerd kerk in die Ring van Linden. Ons het in die vroeë 2000's 'n naamsverandering ondergaan vanuit ons oortuiging dat God Drie-enig ons nooi en roep om 'n kerk in die gemeenskap te wees, vir die gemeenskap. Ons bestaansreg is opgesluit daarin om deel te neem aan God se transformerende werk om ’n nuwe wêreld te bewerkstellig. Ons logo kom vanaf 'n antieke simbool vir die Triniteit. Ons het dit aangepas om iets weer te gee van ons oortuiging dat alles met God Drie-enig begin, dat God die fontein van lewe, in die middel is, wat vloei vanuit t na ons, en deur ons na ons gemeenskap.

Gewoontes vir die Goeie lewe
Waaroor gaan dit?
Die "Gewoontes vir die Goeie lewe" is ons Dissipelskaps proses. Ons is van die oortuiging dat God in elke aspek van jou lewe, nie net belangstel nie, maar ook lewe kan bring. Ons glo hierdie raamwerk help ons om handvatsels te kry op ons eie lewe en God se uitnodgings daarin. Ons wil elke lidmaat op 'n trajek plaas om op 'n intensionele reis te gaan en 'n Gewoonteplan vir hulle eie lewe te vestig rondom die Gewoontes as 'n hulpmiddel. Kom gerus na ons Gewoontes gesprek of Kweekhuis geleenthede om deel te raak van hierdie reis.
FGK has a number of venues for hire
Contact us regarding any corporate events, training requirements, conferencing, small events, weddings, memorial services etc.
FGK Linktree
Kliek gerus op hierdie SKAKEL hier onder vir al die belangrikste datums, gebeure en besonderhede van FGK.
Kerkkantoor:
011 796 6800 / 074 682 4636
sam@fgk.co.za
Kerkkantoorure: 09:00 - 13:00
WhatsApp: Kliek hier om 'n boodskap op WhatsApp te stuur
Adres:
H/v 4de Laan Noord en Rabie Straat, Fontainebleau
Dienstye:
Eredienste - 09:00
KIDSkerk - 09:00 (gedurende kwartaal)
Hoërskool Jeugdiens (eX) - 17:30 (gedurende kwartaal)
Woensdag Kapeldienste -13:00 (gedurende kwartaal)
Bankbesonderhede:
Naam: Fontainebleau Gemeenskapskerk
Bank: Absa
Tipe: Tjek
Rek nr: 170580109
Tak: 632005
011 796 6800 / 074 682 4636
sam@fgk.co.za
Kerkkantoorure: 09:00 - 13:00
WhatsApp: Kliek hier om 'n boodskap op WhatsApp te stuur
Adres:
H/v 4de Laan Noord en Rabie Straat, Fontainebleau
Dienstye:
Eredienste - 09:00
KIDSkerk - 09:00 (gedurende kwartaal)
Hoërskool Jeugdiens (eX) - 17:30 (gedurende kwartaal)
Woensdag Kapeldienste -13:00 (gedurende kwartaal)
Bankbesonderhede:
Naam: Fontainebleau Gemeenskapskerk
Bank: Absa
Tipe: Tjek
Rek nr: 170580109
Tak: 632005
Kontak ons
Ontmoet ons Personeelspan

Jaco de Witt
Leraar & Spanleier
Jaco is getroud met Michelle. Hulle het 'n jong dogter Mikah en ook twee honde wat soos hulle lyk. Hy hou van hike, eet, padel en nuwe idees.


Schalk van Heerden
Tom Smith
Diensleraar & Betereinders
Schalk is getroud aan Marlé, is pa vir Schalk nommer 6 en klein Christiaan. Hy het 'n passie vir en het 'n Meesters graad in ontwikkeling studies.
Preekspan
Tom Smith is getroud met Lollie. Saam met hulle kinders Tayla en Liam leer hulle wat dit beteken om as dissipels van Jesus, in die avonture van die koninkryk te leef.
Tom werk voltyds vir die Kuratorium as hoof van Voortgesette Bedienings opleiding (VBO) en is gekoppel aan FGK as prediker en dien op ons Gemeenteraad.
Tom werk voltyds vir die Kuratorium as hoof van Voortgesette Bedienings opleiding (VBO) en is gekoppel aan FGK as prediker en dien op ons Gemeenteraad.

Corinne Botha
Voor- en Laerskool Jeug
Corinne raak vreeslik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe. Sy is lief vir avonture en moet elke nou en dan iets nuuts hê om te probeer. Sy het 'n groot liefde vir mense en soetgoed en het altyd tyd vir 'n geselsie of grappie.

Raynhard van Staden
Hoërskool Jeug
Raynhard is getroud met Marzaan. Raynhard het 'n passie vir tieners. Hy was vir sy hele lewe al betrokke in kerk en musiekbedienings. Hy was vir 11 jaar 'n voltydse musiekonderwyser.
Raynhard is stout vir 'n stukkie braaivleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.
Raynhard is stout vir 'n stukkie braaivleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.

Jean Pelser
Diensleraar & Lidmaatskap
Jean is 'n diensleraar en is verantwoordelik vir die hospitaalbesoek-en-gebedspan, lidmaatskap-administrasie en Kweekhuis. Jean dien ook op die preekspan. Hy is getroud met Liezel. Jean het 'n passie vir geestesgesondheid en roei graag by die gym.

Samantha Bantam
Fasiliteite en Verhurings
Sam is getroud met Brandon. Hulle het ’n kat ( Luna ) en 'n hond ( Fiela ). Sy geniet dit om ruimtes te versier, te organiseer en te skep wat inspireer. Sy is mal oor kos en om nuwe restaurante uit te probeer, en sy is dalk effens verslaaf aan kafeïen ! Haar stokperdjies sluit hardloop, stap en swem in.
Samantha is nuut by FGK vanaf 2025 aangestel om ons te help met ons Fasiliteite en Verhurings. Sy beman ook ons kerkkantoor Maandag-Vrydag van 9:00-13:00.
Samantha is nuut by FGK vanaf 2025 aangestel om ons te help met ons Fasiliteite en Verhurings. Sy beman ook ons kerkkantoor Maandag-Vrydag van 9:00-13:00.

Jan Sia
Koster
Jan is koster by ons kampus en ook betrokke by die gemeente se Noodfonds. Hy is getroud aan Mina en het 3 kinders.