Belydenisklas
Graad 11

Ons belydenisklas woon ook eX op Sondae aande by, waarna hulle gesels in ‘n sessie saam met Ds. Tom Smit. Tom werk persoonlik met hulle vir die jaar met insette van ander FGK personeellede.
Die belydenisklas het op ‘n staptoer in die Drakensberge gegaan om hul belydenisreis dieper en verder te ontdek. Hierdie staptoer het plaasgevind op 18 – 20 Maart.

Ons nooi die belyednieklas om op 07 Mei saam met ons op 'n uitreik in Tarlton te kuier.

Het jy vrae?

Ons hoop dat jy na die lees van hierdie bladsy, alles weet oor wie die Belydenisklas is en hoe die belydenisreis by FGK werk, maar indien jy nog 'n vraag of voorstel het kan jy gerus kontak maak met ons. Ons wil graag help om al jou vrae te beantwoord, en is altyd opsoek na maniere om te verbeter. Ons sal graag van jou wil hoor.

Tom Smith

Tom is ons spanleier, maar neem ook verantwoordelikheid vir ons Belydenisgroep. Kontak hom gerus met enige vrae tom@fgk.co.za
Raynhard van Staden
Raynhard is getroud met Marzaan van Staden.  Raynhard het 'n passie vir tieners.  Hy was vir sy hele lewe al betrokke in kerk en musiekbedienings.  Hy was vir 11 jaar 'n voltydse musiek onderwyser en doen dit nogsteeds deeltyds.
Hy is stout vir n stukkie braavleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.
Corinne Botha
Corinne raak vreeslik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe. Sy is lief vir avonture en moet elke nou en dan iets nuuts hê om te probeer. Sy het 'n groot liefde vir mense en soetgoed en het altyd tyd vir 'n geselsie of grappie.