Laat hulle wat dors is kom...

Openbaring 22

Fontainebleau Gemeenskapskerk is ’n NG Kerk wat geroep is om saam met God te leef en te werk. Ons glo dat God ons hier in Johannesburg as ’n lewegewende fontein geplaas het. Ons het die voorreg om aan die avontuur van die koninkryk deel te neem deur die uitnodigings van die Drie-Enige God en sodoende die Goeie Lewe na te streef en te vestig in ons wêreld.

Ons nuwe logo beeld verskillende aspekte uit. Ons word ingenooi deur die Drie-Enige God (Vader, Seun en Gees) wat uitgebeeld word deur die blou lyne. As FGK volg ons God as die bron van lewende water (Johannes 4). Die drie buitenste donkerder lyne verwys na die uitnodigings van ’n verhouding met God, verhoudings met mekaar en ’n roeping as gestuurdes na die gemeenskap waarin ons leef.

Ons sal jou graag wil uitnooi om saam ons op die reis te kom deur 'n Lidmaatskap gesprek by te woon na 'n erediens. Vul asseblief die vorm in om meer uit te vind en/of jou plek te bespreek.