Offerande

Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

- Matteus 6:21

Hoekom ons gee?

As gelowiges is ons op 'n lewenslange reis om ons geld en hulpbronne tot eer van die Here te gebruik. Daarom is daar in elke erediens geleentheid om te gee. In die NG Kerk se handboek vir die erediens lees ons:

  • Die gebruik om allerlei gawes na die erediens te bring, het sy wortels in die Ou-Testamentiese dankofferpraktyk. Uit die Nuwe Testament en vroegkerklike geskrifte is dit duidelik dat hierdie gawes aanvanklik gebruik is vir die liefdesmaaltye en die viering van die nagmaal, maar ook vir die versorging van die behoeftiges.
  • Offergawes vorm deel van die gemeente se antwoord op God se Woord. Dit is 'n dankoffer vir God se gawes, veral die (offer) gawe van die verlossing van Christus.
  • Offergawes behoort simbolies die offervaardigheid van die gelowige se hele lewe uit te beeld.

Lidmate word ook uitgenooi om maandeliks te gee en daarom nooi ons elke lidmaat en gesin uit om biddend te onderskei hoeveel geld maandeliks gegee word. Hierdie bydrae word betaal deur 'n debietorder in te vul  of deur die oorbetaling van 'n EFT. Ons vra lidmate om jaarliks oor hierdie bedrag te onderskei.

In die NG Kerk staan die vierde kwartaal bekend as Dankseisoen. Die leiers van die gemeente nooi daarom almal uit om biddend te besluit hoe ons in hierdie maand kan gee uit ons dankbaarheid teenoor die Here. Hierdie gee kan verskillende vorme aanneem.
Dit mag dalk wees dat jul as gesin (of jy as individu) in hierdie maand besluit om ’n ekstra bedrag bo en behalwe jou normale dankoffer of bydrae te maak.

"In al ons gee onthou ons Paulus se herinnering dat God 'n blymoedige gewer lief het."
2 Korintiërs 9:7)

Maniere hoe ek kan gee

Debietorder

Ons het gevind dat die beste manier vir ons Finansiële komitee om te begroot en te  beplan is indien ons gemeentelede Debiet orders teken. Volg gerus die skakel hier onder om saam met ons die koninkryk te bevorder.

Bankbesonderhede

Naam: Fontainebleau Gemeenskapskerk
Bank: Absa
Tipe: Tjek
Rek nr: 170580109
Tak: 632005

Snapscan

Skandeer die kode hierbo vir bydraes via Snapscan

Het jy enige vrae? Of wil jy moontlik iets spesifiek met ons bespreek oor finansiële bydraes?

Vul gerus die vorm hieronder in vir iemand om kontak met jou te maak.