Alles begin met God Drie-enig

In ons strewe na die Goeie Lewe glo ons alles begin met God. Ons word die God wat ons aanbid en ons word sóós die God wat ons aanbid. Wat ookal sentraal in ons lewens gaan staan gaan uiteindelik ons vorm.

Met die Gewoontes vir die Goeie Lewe plaas ons God in die middel en bely dat elke aspek van ons lewe rondom God geposisioneer moet word en probeer ons die wisselwerking tussen die onderskeie aspekte en God voortdurend erken en herken.