Die Boom gewoonte

Waar ons dien

Bome was deur die eeue heen bymekaarkom plekke. Plekke waar stories uitgedeel word, plekke waar handel gedryf word. Om die Boom gewoonte te ontdek is om te vra wie in my woonbuurt is, saam wie ek werk, wie die mense is wat God oor my pad gebring het en hoe ek saam met hulle kan werk om goedheid, waarheid en skoonheid te bewerkstellig. 

Boom Gewoonte Bedieninge

BETEREINDERS

Betereinders is ‘n onafhanklik-geregistreerde organisasie met Artikel 18A belasting status. Dit is ‘n voertuig om versoening en geregtigheid uit te leef.

  • ‘Like’ asb. Die Facebook blad Betereinders en deel die goeie nuus stories 
  • Ondersteun ‘The Bridge’ koffiewinkel  
  • Koop Zulu of Tswana kaarte, borg saadpakke
Bedieningsleier: Schalk van Heerden

FASKOM

Ons doel is om ons Fasiliteite te omskep in “Kingdom pockets” - Ons droom dat ons spasies veilige, gasvrye spasies sal wees wat ten goede van gemeenskap kan wees. Plekke wat voed, wat omgee, wat bemagtig, loods en inspireer. ’n Gawe wat teruggee.

Die komitee is verantwoordelik vir die instandhouding van ons eiendomme en geboue. Ons is veral ingestel op verbeterings, instandhouding, tuine, opgraderings, sekuriteit en koste besparings inisiatiewe.
Bedieningsleier: Jaco de Witt

KOSPAKKIES IN ALEXANDRA

Ons voed 50 gesinne wat weens HIV nie ouers het nie .

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Skenk geld vir die kospakkies se aankoop  
  • Elke tweede laaste Saterdag oggend van elke maand pak ons die kospakkies van 08:00 - 09:00. Jy hoef nie enige kos te bring nie. Die kos word bestel en by die kerk afgelaai. Kom pak saam! 
  • Iemand met bakkie of kombi gaan laai dit in Alex af.
Bedieningsleier: Alexis Kahts

MARTHA STRAAT
(Abraham Kriel Kinderhuis)

Die komitee het 'n vriendelike vennootskap met Abraham Kriel Bambanani om ondersteuning te bied aan MS90. Die komitee bestuur oor die Brughuis projek wat verblyf verskaf aan jongmense vanuit die Kinderhuis en Biko-huis.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Ons is opsoek na mans wat bereid is om ‘n pad met ons seuns te stap en die lewe saam te deel.
Bedieningsleier: Michelle de Witt

THE BRIDGE
(Koffiewinkel)

‘The Bridge’ koffiewinkel kyk ook na die haweloses, deur drinkgoed en Nkosi maaltye te verskaf.

Kontak: Clayton die barista (062 840 6256).

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Kom koop koffie of kaarte.
  • Jy kan kos voorsien, van beskuit tot pannekoek! 
Bedieningsleier: Malebo Pharoe