Brug gewoonte

Naastes wat nog ver is

"Aan ons is die bediening van versoening toevertrou."
Party mense sou sê dat die probleem met om 'n brug te wees, is dat mense van beide kante oor jou loop.  Mens moet braaf wees om te kan Brugbou. Maar in Suid-Afrika is dit sekerlik een van ons grootste uitnodigings: Om brûe te kan bou, om versoening te bring, om in die bres te staan.

Brug Gewoonte Bedieninge

BETEREINDERS

Betereinders is ‘n onafhanklik-geregistreerde organisasie met Artikel 18A belasting status. Dit is ‘n voertuig om versoening en geregtigheid uit te leef.

  • ‘Like’ asb. Die Facebook blad Betereinders en deel die goeie nuus stories 
  • Ondersteun ‘The Bridge’ koffiewinkel  
  • Koop Zulu of Tswana kaarte, borg saadpakke
Bedieningsleier: Schalk van Heerden

BIKO HUIS

Die Biko-huis is deel van ons geloofsgemeenskap wat ’n oorbruggingshuis vir kwesbare jongmense is op ons kerk kampus.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Leer ons ken, kom eet saam met ons.
  • Mentor van die jong huislede.
Bedieningsleier: Johan Brits

BRING & GEE

Bring en Gee is die liefdadigheidswinkel-winkel. Gemeentelede skenk items wat baie goedkoop aan behoeftiges verkoop word. Die inkomste word gebruik vir nood.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Skenk verkoopbare items, laai af by koffiewinkel of kerkkantoor.
Bedieningsleier: Magda Jooste

CLAREMONT

Die groep is al jare lank betrokke in die ondersteuning aan behoeftige families in Claremont, veral in vorm van kospakkies.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Kry ‘n beurt om kos te skenk en voor te berei 
  • Laai jou leë jogurt bakkies by kerk af
Bedieningsleier: Elize Wigget

LANGTAFEL

Langtafel is ’n twee weeklikse geleentheid op Maandae aande vanaf 18:00-20:00 in die Kleinsaal waar ons saam Biko huis en Martha straat ’n ete aanbied vir en saam met die gemeente. Dis ’n tafel waar ons brûe bou, ons lewens deel en saam kuier. Ons probeer die afstand tussen ons naaste, wat nog vêr is, kleiner maak.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • As jy belangstel, kom kuier gerus saam op ’n Maandag of kontak Jaco vir meer inligting.
Bedieningsleier: Jaco de Witt

ROBOTSPAN

Ons bou verhouding met haweloses en verslaafdes.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Dien op die span en gesels saam, eet saam en leer saam.
  • Ons deel nie net ad hoc goed uit nie.
Bedieningsleier: Bruce Barker