Heelheid Gewoonte

Heelword

God stel belang in die totaliteit van ons wesens: fisies, emosioneel, geestelik. God wil ons begelei na 'n plek van heelheid en volheid toe, wat ons ook soos God één is. Nie gebroke, nie gesplete, maar een in ons mensheid. 

Tas Gewoonte Bedieninge

HOSPITAALBESOEKSPAN

Die span se doel is om uit te reik na die siekes, hul te besoek en te bemoedig (beide tuis en in hospitale). Die span identifiseer en help soos moontlik met behoeftes.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Besoek siek mense by die hospitaal 
  • Doen huisbesoek 
  • As jy ‘n gawe vir berading het kan jy ook op die span dien
Bedieningeleier: Lien Mostert