Legkaart Gewoonte

Jou unieke bydra

Jy het 'n unieke rol om te vervul in God se koninkryk. God roep, versamel, vorm en stuur ons om deel te neem aan die avonture van die koninkryk. Ons glo elkeen in die groep het iets om by te dra, en dat die Heilige Gees reeds besig is met elke persoon. Jou lewe is jou boodskap .

Legkaart Gewoonte Bedieninge

GEMEENTERAAD

Die GR neem verantwoordelikheid vir onderskeiding en leiding van ons gemeente om haar uit te leef.
Dit sluit die volgend in: Geestelike sorg, fidusiêre verantwoordelikhede, begrotings oorsig, operasionele ondersteuning en toerusting van die gemeente.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Bid vir die GR 
  • As jy leierskap gawes het en daar is ‘n pos op die GR oop, stel jouself verkiesbaar. 
Bedieninngsleier: Fielies van der Merwe

KLANKSPAN

Die klankspan bestaan om die liturgiese aksies en ruimtes se kwaliteit te ondersteun deur die klank van prediker, musiekspan en ander liturgiese deelnemers te balanseer en optimaal te laat klink en oordra aan die gemeente. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God, sonder steuringe te fasiliteer.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Word 'n dienaar by die Klankspan en fasiliteer die musiekspan-oefening se klank-behoeftes op ‘n Donderdagaand asook die Erediens klank-behoeftes op ‘n Sondagoggend. 
Bedieninngsleier: Raynhard van Staden

KOMMUNIKASIESPAN

Dit is 'n nuwe span wat ons by die gemeente wil vestig wat verantwoordelikheid kan neem vir alle kommunikasie, media en ontwerp by die gemeente. As jy vaardighede het in die veld van kommunikasie, webtuistes, klank en visuele opnames, kontak ons asseblief.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Proeflees 
  • Webblad ontwikkeling en opdatering 
  • Nuusbrief artikels skryf 
  • Opdatering van sosiale media (Facebook, Instagram, Twitter)
Bedieninngsleier: Tom Smith

MULTIMEDIASPAN

Die multimediaspan bestaan om die multimedia wat tydens 'n Erediens gebruik word, te koördineer. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God te fasiliteer.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Word 'n dienaar by die multimedia-span en fasiliteer die Erediens se media-behoeftes asook die aanlyn stroom vir YouTube en Facebook. 
Bedieninngsleier: Corinne Botha