6 week
Grade-challenge

Die grade-challenge gaan afskop op 8 Mei en eindig op 12 Junie.
Ons daag kinders uit om, wat hulle by die kinderkerk leer verder en dieper te ontdek in die week saam met hulle gesinne. Ons sal weekliks challenges vir die kinders gee om by die huis te gaan doen. Elke challenge wat voltooi word, wen 'n punt vir hul graad se span. Aan die einde van die 6 weke, is die span met die meeste punte, die wenners! Die wen-span gaan 'n 'build your own ice-cream' experience wen om te geniet tydens die eerste les van die nuwe (derde) kwartaal.

Hoe word punte gewen?

Challenge Kaartjies

Kinders kan punte wen vir elkeen van die challenges wat voltooi word op die weeklikse challenge kaartjies. Die kaartjies sal weekliks in die klassies uitgedeel word en kan huis toe geneem word om te voltooi. Die kaartjies kan dan die volgende week in die Challenge Boks in die Grootsaal gegooi word. 

01 | Bybellees

Die eerste challenge sal gesinne uitdaag om die teksgedeelte of bybelstorie waaroor hul kinders by die kinderkerk geleer het, saam by die huis te lees en daaroor te gesels.

02 | Doelgerigte oefeninge

Die tweede challenge sal gesinne en kinders elke week uitdaag om doelgerig tyd te spandeer om bybelverse te leer, spesifieke gebede te bid, vrae saam te beantwoord of om onderwerpe te bespreek. Hierdie challenge sal weekliks verander en 1 van die bogenoemde 4 uitdagings bevat.

03 | Aktiwiteit

Die derde challenge nooi gesinne uit om tyd saam met mekaar te spandeer of vir kinders om dit, wat hulle by die kinderkerk geleer het verder te ondersoek in die week. Hierdie challenge sal weekliks verander.

Deelname in Kinderkerk

Kinders kan ook weekliks punte wen vir hul span deur hul deelname by die Kinderkerk.

01 | Bywoning

Ons wil kinders help om die gewoonte aan te leer om kerk in persoon by te woon. Kinders wat kerk in persoon by te woon of hul lessies opvang in die week wen 'n punt vir hul span.

02 | Bybel

Ons wil kinders help om die gewoonte in te oefen om hul Bybel kerk toe vat. Kinders wat hul Bybel bring wen 'n punt vir hul span.

03 | Deelname in die groep en klassies

Ons wil kinders help om die gewoonte aan te leer om te "serve" by die kerk. Kinders wat help in die groepsaktiwiteite en klassies wen 'n punt vir hulle span.