FGK se Vakansie Fees word aangebied tydens die Junie/Julie skoolvakansie. Voel die warm son en die koel seewind terwyl ons saam op ’n avontuur gaan met ons Set Sail tema van hierdie jaar! Hierdie 5-dae reis gaan vol pret wees! Ons gaan speel, leer, nuwe vriende maak en saam groei in ons verhouding met God. Soos ons op ’n skip die kaptein volg, kan ons ook leer om vir Jesus te volg. God wys vir ons hoe om ander lief te hê, gee vir ons spesiale gawes om ander te kan help, Hy leer ons hoe om Sy goeie nuus met ander te deel, en Hy hou daarvan om tyd saam met ons te spandeer.
Kom saam – dit gaan ’n wonderlike avontuur wees! ⚓🌴
Die koste sluit etes, aktiwiteite en alle benodigdhede in en is R550 per laerskool kind, en R650 per tiener.
KIDS (4jr - graad 7)
Datum: 07 - 11 Julie 2023 (Maandag - Vrydag)
Tye: Daagliks van 09:00 - 14:00
Tieners (hoërskool)
Datum: 06 - 11 (Sondagmiddag - Vrydagmiddag)
Tye: Daagliks van 09:00 - 14:00 en ook 17:00 (oorslaap by die kerk)