MUSIEKSPAN

Die musiekspan bestaan om deur musiek 'n spasie te skep vir aanbidding en ontmoeting met God, asook om die gemeente in sang te begelei.

Hoe kan jy betrokke raak?
Gesels met Marlé as jy ‘n passie vir aanbidding het deur musiek. Maak nie saak op watter vlak jy kan speel/sing nie, ons kan gesels. 

Musiek-werkswinkel

Ons het onlangs 'n lekker werkswinkel saam met die musiek-, klank- en multi-mediaspanne gehad. Ons het gesels oor hoe om die verhouding tussen bedieninge sterker te maak en saam te groei. Ons het saam ook nuwe idees, voorstelle en doelwitte gedeel.

Dankie aan elkeen wat saam gekuier het! Dit is 'n fees om in julle idees, energie en talente te mag deel!
Ons waardeer elkeen van julle!