Kragprop Gewoonte

Konneksie met God

Ons word uitgenooi deur die gewoontes om in te prop by die Bron van Lewe; by die fontein van Lewe voortdurend die water van die lewe te bly kry. Hierdie Gewoonte vir die Goeie Lewe nooi ons uit om te onderskei of ons ingeprop is by die Bron van lewe en nooi ons uit om saam te onderskei hoe ons aangehou ingeprop kan bly.

Kragprop Gewoonte Bedieninge

GEBEDSBEDIENING

Die gebedsbediening bestaan om vir die gemeente se lief en leed te bid. Ons reël ook in die jaar gebedsretreats om ons gemeente te help met die kragprop gewoonte en hulle konneksie met God.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Weekliks word daar 'n epos uitgestuur met gebedsversoeke wat die spanlede onderneem om voor te bid. 
  • 'n Gebedskalender met daaglikse versoeke vir die gemeente en aantekeninge vir gebedsbegeleiding word opgestel en versprei. 
  • Gebedsvoorbidding vir kinders, tieners & belydenisklas asook Eredienste, bybelstudies en ander bedienings.
Bedieningsleier: Johan Nel

GEMEENTE-BYBELSTUDIE

Gemeentelede kom by die kerkgebou bymekaar en kuier rondom die vorige Sondag se preekteks. Ons bespreek en delf dieper in die gesprek rondom die Sondagtema. 
 
Gemeentebybelstudie: Woensdae om 12:00 in die Grootsaal of Kleinsaal.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Enige iemand is welkom om deel te neem aan ons Bybelstudie-geleenthede.
  • Kom kuier gerus saam elke Woensdag om 12:00 tydens die Skool kwartaal.
Bedieningsleier: Kerkkantoor

KAPELDIENSTE

Ons nooi jou graag uit na ons kapelstildiens om saam in ons ou kapel te kom sit vir stilgebed en begeleide stildienste. Hierdie heilige plek wat reeds in 1906 tot stand gekom het bied 'n spesiale geleentheid om te rus in God se teenwoordigheid, om intensioneel met 'n stadiger lewenstempo te eksperimenteer deur antieke, kontemplatiewe, Christelike gebedspraktyke, en om opnuut bewus te word van Sy teenwoordigheid in jou lewe.  
  
Verskeie navorsingstudies het bevind dat Christelike kontemplatiewe gebed en besinningsoefeninge soos hierdie geestelike welstand kan verbeter en stres kan verlaag. 
  
Stilwees kan baie voordele inhou, en saam, kan ons hierdie voordele ontdek en ontgin. Om jou se siel tot bedaring te bring en om tot ruste te kom kan jou verhouding met God versterk en jou opnuut bewus maak van die teenwoordigheid van God in jou lewe.
 
Of jy nou vrede, troos of net 'n manier soek om stres te hanteer, ons kapelstildienste bied 'n veilige en ondersteunende omgewing om dit te doen. Kom ervaar die lewensveranderende krag van stilte en stilgebed vir jouself. Ons hoop om jou gou te sien en God saam in die stilte te herontdek. 
 
Kapeldienste: Woensdae om 13:00 - 13:30 in die kapel 
Bedieningsleier: Jean Pelser

KREATIEWE DIENSBEPLANNING

Om ons eredienste op ‘n relevante en kreatiewe manier te ondersteun kom hierdie span weekliks bymekaar om die dienste van die maand se kreatiewe elemente te beplan.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • As jy ‘n kreatiewe mens is raak deel van ons weeklikse beplanningsessie.
  • Iemand wat dramas kan skryf of opvoer kan skakel met die span.
Bedieningsleiers: Lollie Smith & Julani Visagie

MUSIEKSPAN

Die musiekspan bestaan om deur musiek 'n spasie te skep vir aanbidding en ontmoeting met God, asook om die gemeente in sang te begelei.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Gesels met Marlé as jy ‘n passie vir aanbidding het deur musiek. Maak nie saak op watter vlak jy kan speel/sing nie, ons kan gesels. 
Bedieningsleier: Marlé van Heerden