Brood Gewoonte

Saam Wees

Saam met wie breek jy brood, is sekerlik een van die mees belangrikste vrae wat jy kan vra. Saam wie jy kies om jou lewe te deel, jou vreugde en jou pyn, jou drome en teleurstellings. Die invloed van die mense rondom jou kan nie geonderskat word nie.

Brood Gewoonte Bedieninge

AKTUA (Seniors)

Aktua is 'n maandelikse gesellige kuier geleentheid vir ons seniors. Verwag heerlike saamkuier, eet, lag en geskerts.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Ons het ‘n aktiewe WhatsApp ondersteuningsgroep. Kontak gerus vir Gesie as jy deel wil word.
  • Berei iets te ete voor vir ons maandelikse kuiers.
Bedieningsleier: Gesie Marshall

BLOMMESPAN

Deur blomme skep ons 'n spasie van aanbidding en verwelkoming op 'n Sondag in ons liturgiese spasie.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Om deel te raak van die span wat om die beurt Blomme doen, kontak gerus vir Estelle Langenhoven.
Bedieningsleier: Estelle Langenhoven

DIENSSPANNE

Diensspanlede is die ondersteuningsnetwerk van ons eredienste. Diensspanlede help met verwelkoming, 'n warm atmosfeer skep en verleen hulp met praktiese take in die liturgie.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Help om mense by die deur te verwelkom  
  • Neem kollekte op 
  • Help nagmaal bedien 
  • Help met ander take by die erediens
Bedieningsleier: Rozetta Viljoen

eX
(Hoërskool Jeug)

Tydens die tiener-aanddiens fokus ons op God se woord en hoe dit relevant is in ons allerdaagse lewe en hoe ons dit kan toepas in Suid-Afrika in 2023. Tieners is welkom om vriende te nooi om saam te kuier. 
 
Ons dienstye is Sondae aande om17:30-19:00, maar tieners is welkom om reeds vanaf 17:00 saam te kom kuier met lekker musiek, koffie, hot chocolate, popcorn en lekker chats om die pool tafel. 
Bedieningsleier: Raynhard van Staden

GASVRYHEIDS-GELEENTHEDE

By FGK stel ons gasvryheid hoog op prys as deel van ons roeping. Ons wil graag veilige, verwelkomende spasies skep waar mense tuis voel en kan betrokke word by ons gemeenskap. Dié span help om ons gemeenskap te bou, om mense op die periferie deel te maak van die middel en om ’n spasie te skep waar mense welkom voel, veral rondom etes.

Sluit in:
Makiti, Dienaarsopleiding, Gemeentekuiers, Lidmaatskap gesprekke, Wyn en Musiekfees, Erediens-Koffiespan

Hoe kan jy betrokke raak?
  • As jy gawe het om kos te maak, mooi te maak, te organiseer, mense in te nooi of tuis te laat voel, kontak asb vir Jaco 
Bedieningsleier: Jaco de Witt

GATHERING
(Jong volwassenes)

Hierdie is ons bediening wat toegespits is op ons jong volwassenes (19-35 jaar oud). Ons ontmoet elke tweede Maandag aand om 18:30 in die kleinsaal, meestal rondom ’n vuur. Ons bespreek boeke en vidoes wat ons kan help in ons begeerte om Jesus in die kompleksiteit van Johannesburg in die 21ste eeue te volg.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Kom gesels en kuier Maandagaande saam. Kontak Jaco vir meer inligting of ’n gesprek.
Bedieningsleier: Jaco de Witt

KIDSkerk
(Voor- & Laerskool Jeug)

Hierdie bediening bestaan om, deur liefdevolle begeleiding, vir kinders 4jaar - gr - 7 (Voorskool & Laerskool) 'n solide teologiese basis te bou.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Word 'n dienaar by KIDSkerk en fasiliteer gesprekke slegs 1 maal per maand.
  • Bid vir die kinders en gesinne in ons gemeente.
Bedieningsleier: Corinne Botha

KLEINGROEPE

Ons kom bymekaar op 'n weeklikse basis om saam te groei, mekaar aan te moedig tot goeie werke. Ons is van die oortuiging dat ons geroep is om God te beliggaam. Ons droom saam, leef kreatief en vrygewig met ons lewens vanuit die bron van lewende water.
Kontak gerus ons kerkkantoor om by 'n nuwe groep aan te sluit of om 'n nuwe groep te begin.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Raak deel van ons 7-weke kuiers tydens Lydenstyd wat afskop op 1 Maart tot 12 April. Hierdie sal dien as springbord vir nuwe kleingroepe.
Bedieningsleier: Kerkkantoor

MAANLIG MAKITI

Makiti 2023 vind die jaar op 19 Mei plaas. Dit is 'n fondsinsamelings-inisiatief vir die gemeente waar ons saam eet en kuier.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • As jy graag deel wil wees van die organiserings of uitvoerende span, kontak asseblief vir Alida Wilson om uit te vind hoe jy saam kan dien. 
  • Ons is veral opsoek na mense wat kan help om items vir ons Deli afdeling te maak. Dink koeksusters, fudge, ingelegte items ens.  
Bedieningsleier: Alida Wilson

VROUEBEDIENING

Ons gemeente het ‘n aktiewe vrouebediening wat mekaar ondersteun en weekliks bymekaar kom op ‘n Woensdag voor Bybelstudie.

Hoe kan jy betrokke raak?
  • Wees deel van die Woensdag kuiergeleenthede.
Bedieningsleier: Lizzie Mammes