The Village (0-5jr)

Kinders ouderdomme 0 - 5 jaar kan saam met hul ouers die Erediens in die baba- en kleuterkamer bywoon. Daar is 'n groot glasvenster, luidsprekers en TV skerm wat ouers help om die diens te beleef. Die baba- en kleuterkamer het ouderdom gepaste speelgoed en gemaklike sitplek. Let wel, die kamer is oop vir enige ouer of voog van kinders (manlik en vroulik) om te gebruik.
Ons maak wel voorsiening vir mammas wat privaatheid nodig het, deur middel van cubicles.
Ons werk hard daaraan om hierdie spasie so gepas as moontlik te maak so deel gerus enige idees oor hoe ons die spasie kan verbeter.

As 'n alternatief kan kinders wat gemaklik voel, die voorskool (4 - 6 jaar) les wat tydens KIDSkerk in die Grootsaal plaasvind bywoon.
Ouers is welkom om die les saam met hul kind/ers by te woon totdat hul gemaklik voel om alleen daar te kuier.

Ouers met kinders wat nie KIDSkerk wil bywoon nie maar wat bietjie wil beweeg kan ook gebruik maak van die Kleinsaal.
Die erediens 'live-stream' word uitgesaai in die Kleinsaal.

THE VILLAGE BYEENKOMSTE

The Village is ’n belangegroep vir ouers met kinders tussen 0-5 wat een keer per maand sosiaal ontmoet. Ons kuier, ondersteunmekaar en wil graag saam leer hoe om ouerskap te oorleef.

Kontak:
Jaco de Witt
jaco@fgk.co.za

Ek wil my kind laat doop

Voor jul kind gedoop kan word, sal daar 'n doopgesprek saam met een van ons Predikers, Tom Smith of Jaco de Witt wees. Tydens die gesprek, sal die sakrament van die doop aan jul verduidelik word, asook die vrae waarop jul as ouers moet antwoord tydens die doop.

Familie pretdae

Tydens die familie pretdae wat by die kerkgebou aangebied word, skep ons geleentheid vir ouers en kinders om tyd saam met mekaar en saam met ander gesinne te spandeer.

Die datums vir die volgende familie pretdae loop as volg:
21 Januarie 2024 - Registrasie vir KIDSkerk en Tieners. Kom braai lekker saam!
10 Mei 2024 - Makiti
16 Desember 2024 - Laêr trek in township saam met Betereinders

Het jy vrae?

Ons hoop dat jy na die lees van hierdie bladsy, alles weet oor hoe hierdie ouderdomsgroep se formasie by FGK werk, maar indien jy nog 'n vraag of voorstelle het kan jy gerus kontak maak met ons. Ons wil graag help om al jou vrae te beantwoord, en is altyd opsoek na maniere om te verbeter. Ons sal graag van jou wil hoor.